Gepaste en weldeurdagte navorsingsmetodes en ontwerp is die versekering dat jy by relevante en betroubare resultate sal uitkom. Die wetenskaplike proses en manier van dink gee ook ʼn raamwerk van stappe wat jy moet volg, en maak dit eintlik makliker omdat jy dan presies weet waar om te begin en watter vrae om by elke stap te vra. Hierdie seminaar is prakties van aard en gaan poog om bruikbare hulpmiddels vir jou te gee om jou navorsing te bedink, te beplan en uit te voer – selfs te geniet sodat jy weer en weer navorsing sal wil aanpak.
KURSUSBENAMING:
Praktiese navorsingsmetodologie (Inleiding tot navorsing)
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Datum: 20 November 2019
Tyd: 09:00 – 16:30
FORMAAT VAN KURSUS:
Seminaar
KOSTE VAN KURSUS:
Solidariteit lede: R660
Nie-lede: 1100
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
S-Leer
Akademia Ouditorium
Gerhardstraat 117, Die Hoewes, Centurion
Sien die kaart hier
OORSIG VAN KURSUS:
Gepaste en weldeurdagte navorsingsmetodes en ontwerp is die versekering dat jy by relevante en betroubare resultate sal uitkom. Die wetenskaplike proses en manier van dink gee ook ʼn raamwerk van stappe wat jy moet volg, en maak dit eintlik makliker omdat jy dan presies weet waar om te begin en watter vrae om by elke stap te vra. Hierdie seminaar is prakties van aard en gaan poog om bruikbare hulpmiddels vir jou te gee om jou navorsing te bedink, te beplan en uit te voer – selfs te geniet sodat jy weer en weer navorsing sal wil aanpak.
UITKOMSTE VAN KURSUS:
- Inleiding tot navorsing – Wat is navorsing? Wat is die gereedskap wat jy nodig het?
- Hoe stel jy die navorsingsprobleem, hipotese en doelwitte?
- Literatuuroorsig
- Ontwerp en beplan van jou projek
- Kwalitatiewe ontwerp
- Kwantitatiewe ontwerp
- Data-insamelingstegnieke
- Tipes steekproewe
- Data-analise
- Verslagskryf
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Hierdie seminaar is gemik op mense wat as deel van hulle werk navorsing moet doen, ʼn nagraadse studie wil aanpak of net in navorsing belangstel.
BIOGRAFIE: Nicolien Welthagen
Nicolien Welthagen is ʼn senior navorsingsielkundige by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). Sy het 25 jaar ondervinding in gedragsnavorsing, onder andere by die Militêre Psigologiese Instituut en UNISA. Sy was ook ʼn onafhanklike navorser vir verskeie maatskappye soos Coca-Cola, ABSA, FNB en die Suid-Afrikaanse Lugdiens-fonds. Sy was ʼn studieleier vir verskeie meesters- en doktorale studente en het deeltyds by die Universiteit van Pretoria modules in navorsingsmetodologie aangebied.
Sy is tans besig met haar PhD wat handel oor die onwikkeling van ʼn interaktiewe navorsingsmetodologieprogram wat studente kan help met hulle beplanning en uitvoering van hulle nagraadse navorsingsprojekte.