Projekbestuur

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Wat is projekbestuur en waarom is dit belangrik om projekbestuursbeginsels te verstaan en vaardighede daarvoor te ontwikkel?

KURSUSBENAMING:

Projekbestuur

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

26 Mei 2020

12:00 – 13:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor

OORSIG VAN INHOUD:

Wat is projekbestuur en waarom is dit belangrik om projekbestuursbeginsels te verstaan en vaardighede daarvoor te ontwikkel?

KURSUSUITKOMSTE:

Wat is projekbestuur?

Wat doen ’n projekbestuurder?

Projeksukses: kwaliteit, tyd en begroting.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige persoon wat êrens in die werksomgewing met projekte te doen het.

BIOGRAFIE: 

Yolandi Martinson het in 2008 aan die Universiteit van Pretoria haar BSc-graad in Argitektuur verwerf en as argitekstegnoloog begin werk. In haar eerste pos waar sy met kliënte soos Sasol en die Departement van Openbare Werke moes hanteer, het sy ’n wye blootstelling aan verskeie projekte gekry, en ook haar passie vir Projekbestuur ontdek.

In 2011 voltooi sy haar BSc Honneursgraad in Tegnologiebestuur aan die Universiteit van Pretoria, en in 2012 skryf sy in vir haar MSc-graad in Tegnologiebestuur met die hooffokus op Projekbestuur.

In 2012 is sy ook as junior dosent by die Universiteit van Pretoria aangestel en werk onder prof. Herman Steyn. Sy besef egter dat sy eers die werk prakties wil toepas en ondervinding moet opdoen, en daarom begin sy in April 2013 by Coffey Projects South Africa werk.

As projekbestuurder by Coffey Projects het sy met ‘n verskeidenheid kliënte gewerk wat Pareto Limited, Vodacom en SA Corporate Real Estate Fund insluit.

In 2016 sluit sy as voltydse dosent by Akademia aan en sy is deurentyd nog as deeltydse dosent betrokke (selfs nadat sy met ʼn boer van die Volksrust-omgewing in die huwelik getree het) waar sy Projekbestuur aan verskeie studente in verskeie rigtings aanbied.

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status