Seksuele misbruik, Wetgewing, Maatskaplike Werkers en Onderwysers

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Maatskaplike werkers word op ’n toenemende basis gekonfronteer met kommer en onthullings aangaande die misbruik van kinders. In hierdie sessie sal ons inleidend en op ’n praktiese wyse gaan loer na wetgewing, mandaat, verslagdoening en die rol van die maatskaplike realiteite van seksuele misbruik in Suid-Afrika en die verantwoordelikheid op maatskaplike werkers en onderwysers rondom mandaat aanmelding van kennis rondom seksuele misbruik. Ons raak oorsigtelik aan relevante wetgewing en die proses van aanmelding by die SAPD en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

KURSUSBENAMING:

Seksuele misbruik, Wetgewing, Maatskaplike Werkers en Onderwysers

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

4 Augustus 2020

10:00 – 11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor.

OORSIG VAN INHOUD:

Maatskaplike werkers word op ’n toenemende basis gekonfronteer met kommer en onthullings aangaande die misbruik van kinders. In hierdie sessie sal ons inleidend en op ’n praktiese wyse gaan loer na wetgewing, mandaat, verslagdoening en die rol van die maatskaplike realiteite van seksuele misbruik in Suid-Afrika en die verantwoordelikheid op maatskaplike werkers en onderwysers rondom mandaat aanmelding van kennis rondom seksuele misbruik. Ons raak oorsigtelik aan relevante wetgewing en die proses van aanmelding by die SAPD en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

KURSUSUITKOMSTE:

Om kursusgangers toe te rus met basiese kennis rondom:

  • die wetgewing se toepassing op kinders en verpligte aanmelding van seksuele misbruik;
  • Praktiese riglyne rondom aanmelding by die SAPD en die Departement Maatskaplike Ontwikkeling.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Maatskaplike werkers wat binne enige konteks (privaat praktyk, skole, kinderhuise of welsynorganisasies) met kinders werk.

 

BIOGRAFIE: 

Dr Louise Aucamp is ’n geregistreerde maatskaplike werker met 23 jaar ervaring in die lewering van assessering en terapeutiese dienste aan kinders en gesinne. Dr Aucamp het ’n BA (MW) graad, ’n Meestersgraad in Spelterapie (Cum Laude) en ’n PhD in Maatskaplike Werk. Vorige akademiese aanstellings van Dr Aucamp was by die Universiteit van die Noord-Wes (Potchefstroom-kampus) waar sy die Meestersgraad in Forensies Maatskaplike Werk aangebied het.

Sy is die stigter en direkteur van FACT (“Forensic Assessment Consultation Training Pty Ltd”) wat ’n verskeidenheid van kursusse in die veld van sosio-emosionele assessering, binding, terapie en forensiese assesserings, ontwikkel en aanbied.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status