Self-leierskap: Dít is waar jou sukses begin.

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Hierdie webinaar bied ’n sleutel tot persoonlike welstand.

Ons leef in tye van skommelinge, onvoorspelbaarhede, vinnige en aanhoudende veranderinge en dubbelsinnighede.

Heelwat mense is, oor die algemeen, verward, onseker, gefrustreerd, beangs en moeg. Wanneer iemand rigtingloos en onrustig is, word hulle persoonlike energie verteer. ’n Bose kringloop ontstaan wat tot gevolg het dat ’n persoon ten volle deur die omgewing en ander mense beheer word. Die persoon wat beheer weggee word ’n gevangene.

Die alternatief is self-leierskap. Self-leierskap beteken in essensie dat jy jou eie toutjies trek – jy is nie iemand anders se toneelpop nie. Self-leierskap begin by die identifisering van dit waaroor jy beheer het (of kan hê), en dan om beheer daarvan te neem. Hierdeur groei jou invloed stap-vir-stap en jou sirkel van beheer brei ook uit. Soos jou sirkel van beheer uitbrei, vermeerder jou positiewe energie tot so ’n mate dat jy ander ook kan help.

 

KURSUSBENAMING:

Self-leierskap: Dít is waar jou sukses begin.

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:           18 Junie

Tyd:                13:00 – 14:00

FORMAAT VAN KURSUS:

Webinaar

KOSTES VAN KURSUS:

Gratis

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor.

 

OORSIG VAN KURSUS:

Hierdie webinaar bied ’n sleutel tot persoonlike welstand.

Ons leef in tye van skommelinge, onvoorspelbaarhede, vinnige en aanhoudende veranderinge en dubbelsinnighede.

Heelwat mense is, oor die algemeen, verward, onseker, gefrustreerd, beangs en moeg. Wanneer iemand rigtingloos en onrustig is, word hulle persoonlike energie verteer. ’n Bose kringloop ontstaan wat tot gevolg het dat ’n persoon ten volle deur die omgewing en ander mense beheer word. Die persoon wat beheer weggee word ’n gevangene.

Die alternatief is self-leierskap. Self-leierskap beteken in essensie dat jy jou eie toutjies trek – jy is nie iemand anders se toneelpop nie. Self-leierskap begin by die identifisering van dit waaroor jy beheer het (of kan hê), en dan om beheer daarvan te neem. Hierdeur groei jou invloed stap-vir-stap en jou sirkel van beheer brei ook uit. Soos jou sirkel van beheer uitbrei, vermeerder jou positiewe energie tot so ’n mate dat jy ander ook kan help.

 

UITKOMSTE VAN DIE WEBINAAR:

Dié webinaar bied die volgende leer geleenthede aan, naamlik:

  • Wat self-leierskap is en behels.
  • Is jy ’n self-leier?
  • Praktiese stappe en tegnieke om beheer te neem.
  • Hoe jy ander kan help.
  • Hoe en waar om ’n begin te maak.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Die webinaar is vir enige persoon wat graag ’n belegging in die ontwikkeling van hulle self-leierskap wil maak.

 

BIOGRAFIE: Gerard van Hoek

 

Gerard spesialiseer in die opleiding en ontwikkeling van individue en spanne. Hy fokus veral op self-leierskap in tye van snelle verandering.

Gerard het 28 jaar se ervaring in leerontwerp wat strek oor 11 industrie-sektore, in 11 lande en 4 kontinente. Hy het bewese ervaring in samewerking met 13 nasionale kulture.

 

Neem hierdie kursus