Veerkragtigheid om verandering effektief te hanteer

KURSUSSTATUS:

R 465

Neem hierdie kursus

Veerkragtigheid verwys na die vermoë om te groei en te floreer wanneer jy met uitdagings gekonfronteer word, asook om terug te bons wanneer jy teenspoed beleef. Veerkragtigheid is nie slegs noodsaaklik vir oorlewing in ‘n onsekere en veranderende omgewing nie, maar ook om uit te styg bo daardie moeilike omstandighede. Dit word opgebou uit ‘n stel kernvaardighede wat geestelike gehardheid, optimale prestasie, sterk leierskap en doelwitbereiking moontlik maak. In die hedendaagse wêreld waar onsekerheid en verandering die norm is, is dit nodig om jou eie veerkragtigheid te verstaan en te ontwikkel om jou potensiaal te kan uitleef en sukses te bereik.

KURSUS BENAMING:

Veerkragtigheid om verandering effektief te hanteer

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:           11 Junie2019

Tyd:                13:00 – 14:00

 

FORMAAT VAN KURSUS:

Webinaar

 

KOSTES VAN KURSUS:

Lede:  R310 per persoon

Nie-lede:  R465

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor, kry gerus ‘n lekker koppie koffie.  Ons sien jou daar.

 

OORSIG VAN KURSUS:

 

Veerkragtigheid verwys na die vermoë om te groei en te floreer wanneer jy met uitdagings gekonfronteer word, asook om terug te bons wanneer jy teenspoed beleef. Veerkragtigheid is nie slegs noodsaaklik vir oorlewing in ‘n onsekere en veranderende omgewing nie, maar ook om uit te styg bo daardie moeilike omstandighede. Dit word opgebou uit ‘n stel kernvaardighede wat geestelike gehardheid, optimale prestasie, sterk leierskap en doelwitbereiking moontlik maak. In die hedendaagse wêreld waar onsekerheid en verandering die norm is, is dit nodig om jou eie veerkragtigheid te verstaan en te ontwikkel om jou potensiaal te kan uitleef en sukses te bereik.

 

.

UITKOMSTE VAN KURSUS:

 

In hierdie webinar sal jy leer om:

 

  • veerkragtigheid te definieer
  • jou eie veerkragtigheid te ontgin en te verstaan
  • tegnieke te ontwikel om meer veerkragtig op te tree
  • terugslae meer effektief te hanteer
  • beter onder druk te funksioneer
  • met selfvertroue die onbekende in te gaan
  • beheer te neem oor jouself en jou omstandighede

 

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige persoon wat daarna streef om uitdagings en verandering meer effektief te hanteer.

 

BIOGRAFIE:  NICOLA KEEVE

Nicola Keeve is ‘n senior sielkundige en fasiliteerder by JvR Academy. Sy is reeds vir die afgelope 19 jaar as kliniese sielkundige by die Professionele Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreer. Sy het wye ervaring in organisatoriese omgewings waar sy haarself vir die afgelope paar jare toespits op vaardigheidsontwikkeling. Nicola fokus daarop om individue en groepe in die werkplek toe te rus met meer as net tegniese vaardighede. Die gedragsvaardighede waarop sy fokus, sluit die volgende temas in:

  • Mentorskap
  • Persoonlike ontwikkeling/self-aktualisering
    • Emosionele intelligensie
    • Streshantering
    • Konflikbestuur
    • Tydsbestuur
    • Onderhandelingsvaardighede
  • Leierskapsontwikkeling
  • Effektiewe werkplekbestuur
  • Motivering en doelwitstelling

Nicola het ook wye ervaring in die veld van leierskapsontwikkeling, diversiteitsopleiding, mentorskap en bestuursafrigting (coaching), talentbestuur en -ontwikkeling, organisasie-ontwerp en -ontwikkeling, takseersentrums, sowel as veranderingsbestuur. Haar ervaring strek oor verskeie omgewings heen, wat insluit die publieke sektor, mynbou en die vervaardigingsbedryf, bankwese, kleinhandel, asook die landbousektor.

 

KREDIETE VAN KURSUS

 

Eenheid Standaard Nommer NQF Vlak: Aantal krediete Eenheid standaard titel

 

 

 

 

Neem hierdie kursus