Hoe om verandering effektief te hanteer

KURSUSSTATUS:

R 100

Neem hierdie kursus

Ons moderne tyd word gekenmerk deur vinnige en aanhoudende verandering. Een van die groot dryfvere van verandering is die snelle vordering van tegnologie. Daarom het die vermoë om verandering effektief te hanteer ʼn lewensvaardigheid geword, ʼn vaardigheid wat ons elke dag benodig. Daar word ook na veranderingsbestuur verwys as ʼn oorlewingsvaardigheid.

 

KURSUSBENAMING:

Hoe om verandering effektief te hanteer

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Dit behoort jou twee ure te neem om die e-leer-program te volg.

 

KOSTE VAN KURSUS:

R100 (Nie-lede)

R60 (Solidariteit- lede)

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

 

In die gemak van jou eie kantoor of by die huis op jou rekenaar of jou foon.

 

OORSIG VAN INHOUD:

Ons moderne tyd word gekenmerk deur vinnige en aanhoudende verandering. Een van die groot dryfvere van verandering is die snelle vordering van tegnologie. Daarom het die vermoë om verandering effektief te hanteer ʼn lewensvaardigheid geword, ʼn vaardigheid wat ons elke dag benodig. Daar word ook na veranderingsbestuur verwys as ʼn oorlewingsvaardigheid.

 

KURSUSUITKOMSTE:

Die program se oogmerke is om:

  • Jou begrip van verandering te verbreed;
  • Begrip te ontwikkel vir die veranderingskurwe;
  • Begrip te ontwikkel ten opsigte van die keuses, dissiplines en gewoontes wat ʼn rol speel by veranderingsbestuur; en om
  • Jou toe te rus met praktiese wenke oor hoe om verandering effektief te hanteer.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige persoon wat binne of selfs buite die werkplek met verandering te make het en dit effektief moet bestuur om sodoende produktief te kan voortgaan.

BIOGRAFIE: Gerard van Hoek

Gerard spesialiseer in die opleiding en ontwikkeling van individue en spanne. Hy fokus veral op self-leierskap in tye van versnelde verandering.

Gerard het 28 jaar se ervaring in leerontwerp wat strek oor 11 industrie-sektore, in 11 lande en 4 kontinente. Hy het bewese ervaring ontwikkeling in samewerking met 13 nasionale kulture.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud