Verstaan die afleggingsproses ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Kykers gaan na afloop van die webinaar ’n beter begrip hê oor die verloop van ’n afleggingsproses en in watter omstandighede hierdie tipe proses kan plaasvind. Kykers gaan ook verstaan wat is die prosesse om ’n aflegging in dispuut te plaas.

KURSUSBENAMING:
Verstaan die afleggingsproses ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 20 Februarie 2020
Tyd: 12:00 tot 13:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:
Geen koste

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
Kursus vind plaas in die vorm van ’n webinaar dus kan die kursusganger die kursus kyk op sy of haar gemak, hulle benodig net toegang tot internet.

OORSIG VAN INHOUD:
Tydens hierdie webinaar gaan daar gelet word na die aflegging-prosedure soos gevind in artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die vereistes verbonde aan die kennisgewing van aflegging gaan bespreek word, sowel as die konsultasieproses en met wie daar gekonsulteer moet word.

KURSUSUITKOMSTE:
Kykers gaan na afloop van die webinaar ’n beter begrip hê oor die verloop van ’n afleggingsproses en in watter omstandighede hierdie tipe proses kan plaasvind. Kykers gaan ook verstaan wat is die prosesse om ’n aflegging in dispuut te plaas.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Enige werknemer, werknemers in die Menslike Hulpbronne Afdeling en individue wat werksaam is met arbeidsreg en hul kennis wil verskerp in hierdie berugte onderwerp.

BIOGRAFIE:


Die seminaar word deur Mynie Kriek, ‘n Arbeidsreg Fasiliteerder verbonde aan S-leer, aangebied. Sy het haar regsgraad (LLB) in 2010 verwerf en haar Meestersgraad (Kollektiewe Arbeidsreg) in 2018, beide aan die Universiteit van Pretoria. Mynie is in 2012 toegelaat as prokureur, en het sedert 2014 tot Julie 2019 in Solidariteit se Regsafdeling as litigant gepraktiseer.

KURSUSKREDIETE
NVT

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status