KURSUSBENAMING:
Verteenwoordigeropleiding
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Hierdie kursus bestaan uit verskeie modules en opnames.
Kursusgangers kan die modules in hul eie tyd voltooi.
KURSUSFORMAAT:
Die kursus bestaan uit verskeie modules en opnames, waarvan sekere modules in ’n E-leer-formaat is.
Modules gaan by hierdie kursus gevoeg word soos wat nuwe, relevante inligting bykom terwyl die kursus verder ontwikkel word.
KOSTE VAN KURSUS:
Die kursus is verniet vir Solidariteit-verteenwoordigers wat ’n koeponkode sal ontvang.
Verteenwoordigers wat belangstel om hierdie kursus te voltooi, moet hulle organiseerders kontak om die betrokke reëlings te tref.
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
In die gemak van jou eie huis of kantoor.
OORSIG VAN INHOUD:
Die kursus bestaan uit die volgende modules:
1. Opnames van Intreevlak Verteenwoordiger Opleiding (Engels).
a. Sessie 1: Communication and the role of a Trade Union Representative.
b. Sessie 2: The Labour Relations Act
c. Sessie 3: The Basic Conditions of Employment Act
d. Sessie 4: An introduction to the Occupational Health and Safety Act; Sexual Harassment and HIV/AIDS in the workplace.
e. Sessie 5: Disciplinary and Grievance Procedures
2. E-leer: Dissiplinêre verhore – ’n oorlewingsgids
3. E-leer: Die afleggingsprosedure in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Engels)
4. E-leer: Kommunikasiebeginsels in die werkplek
5. Webinaar: Keer só veilig terug werk toe (Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid)
6. Webinaar: Hantering van stresvolle verandering
7. Webinaar: Verstaan die afleggingsproses ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge
8. Webinaar: Die KVBA in ‘n neutedop
9. Webinaar: Die kuns van oorreding
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Hierdie kursus is vir verteenwoordigers wat hul vaardighede wil opskerp om sodoende Solidariteit-lede in die werkplek effektief te kan bystaan en adviseer.
Die inhoud is uitstekend en uiters waardevol. Die aanbieding is informeel en doelgerig. Van die "URLs" in die articulate e-leer werk nie, so ek kon nie die dokumentasie en bronne aflaai nie. Maar ek kon dit suksesvol voltooi. Dankie Solidariteit dat julle in my belê. Sal dit sterk aanbeveel.