Die doel van verpligte aanmelding is om vermeende mishandelde en verwaarloosde kinders so gou moontlik te identifiseer, sodat hulle teen verdere mishandeling beskerm kan word. Verpligte aanmelding versterk die morele verantwoordelikheid van gemeenskapslede en professionele persone om vermoedelike gevalle van mishandeling aan te meld sowel as pogings om ʼn kindgesentreerde kultuur te skep wat nie mishandeling en verwaarlosing van kwesbare kinders duld nie. Deur hierdie kursus sal diegene wat verplig word om dit aan te meld toerus met die nodige kennis en praktiese riglyne wat noodsaaklik is om hulle te help om hul wetlike verpligtings te verstaan en uit te voer. Aspekte wat in hierdie opleidingskursus bespreek word, sal die volgende insluit: (a) Wetgewing en verpligte aanmelding en; (b) grondliggende aspekte onderliggend aan verpligte aanmelding soos goeie trou en redelike gronde; (c) beste belang van die kind, vertroulikheid en verpligte aanmelding; en (d) etiese besluitneming in verpligte aanmelding.