Vrouwees in die werkplek

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Persoonlike leierskap en hoe dit die vrou se invloed en doeltreffendheid ten opsigte van haarself en werknemers op ʼn heelwat hoër vlak plaas. Hierdie ontwikkeling verseker beter selfbestuur in ʼn wêreld waar mans meestal in bestuurs-posisies domineer.Fokus op die vrou se gesondheid en haar eie kreatiewe bydraes tot algemene kantoorbestuur en beïnvloeding van ʼn positiewe atmosfeer.

KURSUSBENAMING:

Vrouwees in die werkplek

DATUM EN DUUR VAN KURSUS             

Datum: 17 Maart

Tyd: 10:00 tot 11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor?

OORSIG VAN INHOUD:     

Persoonlike leierskap en hoe dit die vrou se invloed en doeltreffendheid ten opsigte van haarself en werknemers op ʼn heelwat hoër vlak plaas.

Hierdie ontwikkeling verseker beter selfbestuur in ʼn wêreld waar mans meestal in bestuurs-posisies domineer.

Fokus op die vrou se gesondheid en haar eie kreatiewe bydraes tot algemene kantoorbestuur en beïnvloeding van ʼn positiewe atmosfeer.

KURSUSUITKOMSTE:

  • Selfkennis op ʼn baie hoër vlak;
  • Verhoogde emosionele en sosiale interaksie met personeel;
  • Meer energieke persoonlikheid wat tot beter menseverhoudings lei;
  • Effektiewe gebruik van ʼn persoonlike joernaal;
  • Begrip van wat ʼn ware leier is en hoe om gereeld waardes en uitmuntende etiese standaarde te handhaaf.

 

BIOGRAFIE: 

Annie Coetzee bestuur sedert 1998 haar eie maatskappy met ʼn sterk fokus op mense-verhoudings in die werkplek. As passievolle navorser in die veld van emosionele en sosiale intelligensie het sy dan ook die eerste boek in Suid-Afrika geskryf wat oor hierdie vorme van intelligensie handel, getitel: Emosioneel Intelligent…JY!’  (LAPA Uitgewers) Sy begin haar loopbaan as onderwyser in Engels en Musiek (BA Unisa), studeer verder en beklee ʼn lektrisepos in Sielkunde (BEd Stellenbosch), en bekom ʼn pos as navorser by Unisa, gefokus op die ontwikkelende volwassene (twee jaar se studie in Navorsingsmetodiek – Universiteit van Pretoria MEd). Sy is die skrywer van tien selfbemagtigingsboeke, talle opvoedkundige artikels vir saketydskrifte en is gewild as spreker en opleier op die gebied van selfbestuur, uitmuntende kommunikasie en leierskap en die emosioneel-intelligente volwassene.

Sy verwerf ook verskeie internasionaal erkende kwalifikasies wat haar as professionele en persoonlike lewensafrigter kwalifiseer, naamlik neurolinguistiese programmering, Neethling Breinprofilering, How to Orchestrate (DUKE Corporate Education), CPS – Creative Problem Solving (State University Buffalo) en Investment in Excellence (Pacific Institute).

 

KURSUSKREDIETE

N.V.T

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status