Vrouwees in die werkplek

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Persoonlike leierskap is die fondasie van vrouwees in die werkplek. Die seminaar behels intensiewe gesprekke en ʼn aanbieding oor hoe die vrou haar invloed as leier uitoefen en hoe sy meer suksesvol kan wees in die uitkomste wat sy vir haar en die maatskappy stel. Selfbeeld en selfwaarde word vergelyk met egte selfvertroue en waarom werknemers die leier kan vertrou (of nie). Kommunikasiestyl en hoe sy enige situasies hanteer waar emosies nie met ʼn intelligente werkstyl (workforce) saamwerk nie, word ook in diepte gefasiliteer. Die vrou se persoonlike teenwoordigheid (positioning and presence) word opnuut ondersoek om sodoende met meer invloed en karakter te kan lei. Daar sal ʼn sterk fokus wees op emosionele en sosiale wysheid en die gebruik van ʼn joernaal in persoonlike ontwikkeling. Die oorhoofse doel sluit in om ʼn afgeronde (well-rounded), gesonde en prestasieryke (performing) vrou, wat aktief en kreatief in die werksomgewing is, te skep en te behou.

KURSUSBENAMING:

Vrouwees in die werkplek

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 2 April

Tyd: 09:00 tot 16:00

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

Interaktief en aangebied met gereelde groepsgesprekke en aktiwiteite wat refleksie insluit. Annie Coetzee sal die kursus met insig en kennis fasiliteer en deelnemers kans gee vir persoonlike sowel as groepsvrae. ʼn Handleiding sal deel wees van die seminaar en deelnemers sal van die kwessies in die handleiding prakties voltooi. Brawe gesprekke (courageous conversations) maak deel uit van hierdie seminaar om deelnemers te help om hulleself te ontdek en opnuut te lei.

Interaktief en aangebied met gereelde groepsgesprekke en aktiwiteite wat refleksie insluit. Annie Coetzee sal die seminaar met insig en kennis fasiliteer en deelnemers sal geleentheid kry om persoonlike sowel as groepsvrae te stel. ʼn Handleiding word ingesluit en deelnemers sal van die kwessies wat in die handleiding bespreek word prakties kan voltooi. Brawe gesprekke (courageous conversations) maak deel uit van hierdie seminaar om deelnemers te help om hulleself te ontdek en opnuut te lei.

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit-lede:              R600

Nie-lede:                             R1000

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Persoonlike leierskap is die fondasie van vrouwees in die werkplek. Die seminaar behels intensiewe gesprekke en ʼn aanbieding oor hoe die vrou haar invloed as leier uitoefen en hoe sy meer suksesvol kan wees in die uitkomste wat sy vir haar en die maatskappy stel. Selfbeeld en selfwaarde word vergelyk met egte selfvertroue en waarom werknemers die leier kan vertrou (of nie). Kommunikasiestyl en hoe sy enige situasies hanteer waar emosies nie met ʼn intelligente werkstyl (workforce) saamwerk nie, word ook in diepte gefasiliteer. Die vrou se persoonlike teenwoordigheid (positioning and presence) word opnuut ondersoek om sodoende met meer invloed en karakter te kan lei. Daar sal ʼn sterk fokus wees op emosionele en sosiale wysheid en die gebruik van ʼn joernaal in persoonlike ontwikkeling. Die oorhoofse doel sluit in om ʼn afgeronde (well-rounded), gesonde en prestasieryke (performing) vrou, wat aktief en kreatief in die werksomgewing is, te skep en te behou.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Kantoorpraktisyns of enige vrou in die werkplek wat haar sagtevaardighede in 2020 wil opskerp.

 

KURSUSUITKOMSTE:

  • ʼn Gesonder vrou (emosioneel en fisies)
  • ʼn Meer effektiewe kommunikeerder
  • Groter selfvertroue en eie waarde wat eg oorkom
  • Meer professioneel en doelgerig
  • Nuwe visie vir die maatskappy en begrip om dit by werknemers te skep
  • Doelgerigte gebruik van ʼn persoonlike joernaal
  • Leierskap op ʼn meer effektiewe manier
  • Hoër vlak van konflikhantering en mensebestuur (people management)
  • Die insig dat ʼn mens slegs kan gee wat jyself geword het!

 

BIOGRAFIE: 

Annie Coetzee bestuur sedert 1998 haar eie maatskappy met ʼn sterk fokus op mense-verhoudings in die werkplek. As passievolle navorser in die veld van emosionele en sosiale intelligensie het sy dan ook die eerste boek in Suid-Afrika geskryf wat oor hierdie vorme van intelligensie handel, getitel: Emosioneel Intelligent…JY!’  (LAPA Uitgewers) Sy begin haar loopbaan as onderwyser in Engels en Musiek (BA Unisa), studeer verder en beklee ʼn lektrisepos in Sielkunde (BEd Stellenbosch), en bekom ʼn pos as navorser by Unisa, gefokus op die ontwikkelende volwassene (twee jaar se studie in Navorsingsmetodiek – Universiteit van Pretoria MEd). Sy is die skrywer van tien selfbemagtigingsboeke, talle opvoedkundige artikels vir saketydskrifte en is gewild as spreker en opleier op die gebied van selfbestuur, uitmuntende kommunikasie en leierskap en die emosioneel-intelligente volwassene.

Sy verwerf ook verskeie internasionaal erkende kwalifikasies wat haar as professionele en persoonlike lewensafrigter kwalifiseer, naamlik neurolinguistiese programmering, Neethling Breinprofilering, How to Orchestrate (DUKE Corporate Education), CPS – Creative Problem Solving (State University Buffalo) en Investment in Excellence (Pacific Institute).

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status