Webinaar: Aanlyn reputasiebestuur

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Die dae is verby waar groot maatskappye en organisasies die publiek oorreed om van hulle dienste en produkte gebruik te maak.  Al hoe meer mense wend hulle na platforms soos Facebook en Tripadvisor om te hoor wat ander verbruikers te sê het van die spesifieke produk of diens.  Dit het ʼn wye impak op die voortbestaan en ook die reputasie van maatskappye in Suid-Afrika.

KURSUSBENAMING:

Aanlyn reputasiebestuur

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gemak van jou eie kantoor of by die huis op jou rekenaar of jou foon.

OORSIG VAN INHOUD:

Die dae is verby waar groot maatskappye en organisasies die publiek oorreed om van hulle dienste en produkte gebruik te maak.  Al hoe meer mense wend hulle na platforms soos Facebook en Tripadvisor om te hoor wat ander verbruikers te sê het van die spesifieke produk of diens.  Dit het ʼn wye impak op die voortbestaan en ook die reputasie van maatskappye in Suid-Afrika.

 

KURSUSUITKOMSTE:

Tydens hierdie webinaar gaan jy meer leer oor die volgende:

  • Wat is reputasiebestuur en aanlyn reputasiebestuur?
  • Wat is die tendens van die vierde nywerheidsrewolusie wat besighede betref?
  • Waarvoor mens moet oplet en versigtig wees?
  • Die aanlyn reputasiemodel sal in diepte bespreek word.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige persoon wat namens ‘n maatskappy met die publiek werk of met die publiek kommunikeer.  Dit kan veral sosialemediabeamptes, dienssentrumpersoneel of kantoorpraktisyns wees.  Besigheidseienaars, entrepreneurs en uitvoerende hoofde van maatskappye sal ook hierby baat.

BIOGRAFIE: 

Dr. Juran van den Heever, die uitvoerende hoof van S-leer, het sy PhD in Kommunikasiebestuur behaal. Alhoewel hy homself nou op die leeromgewing toespits, bly kommunikasie en veral waarheen dit op pad is hom na aan die hart. Dr. Van den Heever het in sy verhandeling ’n model ontwikkel wat maatskappye kan gebruik om hul maatskappy se aanlyn reputasie te bestuur.

KURSUSKREDIETE:

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Opname

Ratings and Reviews

5.0
Avg. Rating
1 Ratings
5
1
4
0
3
0
2
0
1
0
What's your experience? We'd love to know!
mandy1
Posted 1 month ago
Uistekende webinaar oor aanlyn reputasie bestuur

Hierdie aanbiedeing was baie positief en insiggewend. Dit was goed nagevors, goeie en praktiese voorbeelde is gebruik. Ek kan dit beslis aanbeveel vir enige iemand wat aanlyn bemarking moet doen, asook persone met hul eie besighede.

Show more reviews
What's your experience? We'd love to know!