Wenke webinaar: Spel-, Taal- en skryfvaardighede

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Wenke oor spel- en taalreëls, en skryfvaardighede

KURSUSUITKOMSTE:

  1. Bruikbare wenke oor basiese spel- en taalreëls van Afrikaans.
  2. Identifisering van spel- en taalfoute en die toepassing van verwante reëls.
  3. Begrip van verskillende skryfstyle vir verskillende tipes dokumente.

 

KURSUSBENAMING:

Wenke: Spel-, Taal- en skryfvaardighede

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gemak van jou eie kantoor of jou huis

OORSIG VAN INHOUD:

Wenke oor spel- en taalreëls, en skryfvaardighede

KURSUSUITKOMSTE:

  1. Bruikbare wenke oor basiese spel- en taalreëls van Afrikaans.
  2. Identifisering van spel- en taalfoute en die toepassing van verwante reëls.
  3. Begrip van verskillende skryfstyle vir verskillende tipes dokumente.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Persoonlike assistente, administratiewe personeel, personeel wat die volgende skryf (óf vir publikasie óf vir voorlegging aan komitees): blogs; artikels, rubrieke, memorandums, verslae, sakelyste en notules

BIOGRAFIE: 

Salome Coertze is in Johannesburg gebore, het in Roodepoort grootgeword en haar skoolloopbaan aan Hoërskool Roodepoort voltooi. Haar tersiêre kwalifikasies sluit in: BMus Uitvoerende kuns (UP); BMus Honneurs (UP); HOD Nagraads (Unisa); BA Tale (RAU); BA Honneurs in Toegepaste Taalstudie (UP); Nagraadse Diploma in Vertaling (Unisa); TEFL-sertifikaat – Teaching of English as Foreign Language (NWU); en ʼn meestersgraad in Linguistiek (Aviation English in South Africa). Salome het haar loopbaan as musiekonderwyseres afgeskop, sy was vir ʼn aantal jare teaterbestuurder van die Roodepoort Stadsteater, en daarna was sy 15 jaar by die Universiteit van Pretoria werksaam; eers as ʼn ondersteuningbeampte vir internasionale studente en nadoktorale genote, daarna die bestuurder van die afdeling in die Kliëntedienssentrum wat alle skriftelike navrae van studente hanteer het en toe IT-opleidingsbeampte. Haar loopbaan by UP is afgesluit met sowat vyf jaar as deel van die stelselvernuwingspan wat Peoplesoft ontwikkel en geïmplementeer het. Salome was van 2013-2017 senior komiteesekretaris van Solidariteit, maar is sedert die einde van 2017 die bestuurder van Solidariteit se Taalkantoor.

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Opname

Ratings and Reviews

4.5
Avg. Rating
4 Ratings
5
3
4
0
3
1
2
0
1
0
What's your experience? We'd love to know!
Santiep
Posted 1 month ago
Propvol nuttige wenke en reëls

Puik en duidelik aangebied, goeie pas wat mens se aandag hou. Baie geleer en weer die geheue verfris.

Esbes
Posted 5 months ago
Insiggewend, kort en tog kragtig

Van die belangrike "taalflaters" is hier aangeraak. Dit help beslis, dankie.

daphne
Posted 5 months ago
Aanbieding

Die aanbieding is goed maar ek kan glad nie sien wat op die bord geskryf staan nie. Hopeloos te klein.

yolandeminne
Posted 5 months ago
Insiggewend

Dankie vir die nuttige inligting.

Show more reviews
What's your experience? We'd love to know!