Wenke oor spel- en taalreëls, en skryfvaardighede
KURSUSUITKOMSTE:
- Bruikbare wenke oor basiese spel- en taalreëls van Afrikaans.
- Identifisering van spel- en taalfoute en die toepassing van verwante reëls.
- Begrip van verskillende skryfstyle vir verskillende tipes dokumente.
KURSUSBENAMING:
Wenke: Spel-, Taal- en skryfvaardighede
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Datum: 25-26 Februarie 2020
Tyd: 09:00 – 16:00
KURSUSFORMAAT:
Seminaar
KOSTE VAN KURSUS:
Solidariteit lede: R2 400
Nie-Lede: R4 000
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
S-Leer
Solidariteit Hoofkantoor
Kremetart Raadsaal
H/V D.F Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig
Centurion
OORSIG VAN INHOUD:
Wenke oor spel- en taalreëls, en skryfvaardighede
KURSUSUITKOMSTE:
- Bruikbare wenke oor basiese spel- en taalreëls van Afrikaans.
- Identifisering van spel- en taalfoute en die toepassing van verwante reëls.
- Begrip van verskillende skryfstyle vir verskillende tipes dokumente.
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Persoonlike assistente, administratiewe personeel, personeel wat die volgende skryf (óf vir publikasie óf vir voorlegging aan komitees): blogs; artikels, rubrieke, memorandums, verslae, sakelyste en notules
BIOGRAFIE:
Salome Coertze is in Johannesburg gebore, het in Roodepoort grootgeword en haar skoolloopbaan aan Hoërskool Roodepoort voltooi. Haar tersiêre kwalifikasies sluit in: BMus Uitvoerende kuns (UP); BMus Honneurs (UP); HOD Nagraads (Unisa); BA Tale (RAU); BA Honneurs in Toegepaste Taalstudie (UP); Nagraadse Diploma in Vertaling (Unisa); TEFL-sertifikaat – Teaching of English as Foreign Language (NWU); en ʼn meestersgraad in Linguistiek (Aviation English in South Africa). Salome het haar loopbaan as musiekonderwyseres afgeskop, sy was vir ʼn aantal jare teaterbestuurder van die Roodepoort Stadsteater, en daarna was sy 15 jaar by die Universiteit van Pretoria werksaam; eers as ʼn ondersteuningbeampte vir internasionale studente en nadoktorale genote, daarna die bestuurder van die afdeling in die Kliëntedienssentrum wat alle skriftelike navrae van studente hanteer het en toe IT-opleidingsbeampte. Haar loopbaan by UP is afgesluit met sowat vyf jaar as deel van die stelselvernuwingspan wat Peoplesoft ontwikkel en geïmplementeer het. Salome was van 2013-2017 senior komiteesekretaris van Solidariteit, maar is sedert die einde van 2017 die bestuurder van Solidariteit se Taalkantoor.
KURSUSKREDIETE
Geen