Werketiek, professionalisme, en positiewe gedrag begin by jouself. ‘n Waardestelsel is die grondslag van etiese gedrag. Vetroue, openlikheid, en eerlikheid is voorbeelde van waardes wat integriteit verseker, slegs wanneer díe waardes met dissipline beoefen word. Mense wat positiewe invloed het, en ‘n daadwerklike verskil maak, is persone wat sonder uitsondering goeie etiek uitleef, professioneel optree, en ‘n positiewe beeld uitdra.
KURSUSBENAMING:
Werketiek
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Hierdie e-leer kursus kan op jou eie tyd voltooi word. Sodra jy dit aankoop het jy altyd toegang daartoe.
KURSUSFORMAAT:
e-leer kursus
KOSTE VAN KURSUS:
Solidariteit lede: R60
Nie -lede: R 100
OORSIG VAN INHOUD:
Die primêre oogmerke van die werksboek is om:
- begrip te verbreed met betrekking tot die elemente van werksetiek en professionalisme,
- insigte te ontwikkel oor wat positiwiteit in die werksplek vereis, en
- gereedheid te groei om die beginsels vervat in die werkboek te beoefen.
Die werksboek word aangebied in drie (3) leereenhede:
Leereenheid 1: Die beginsels van werksetiek.
Leereenheid 2: Positiewe en professionele gedrag in die werksplek.
Leereenheid 3: Etiese besluitneming en goeie praktyke in die werksplek.
N Goeie kursus om net weer die basiese beginsels te funder en weer deel te maak van jou menswees.. Ek sal myself elke elke nou en dan weer opskerp. Dankie