Word Basies/ Intermediêr 5 Mei

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Hierdie kursus is ontwerp om jou die basiese tot intermediêre vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal jou in staat stel om standaard- en meer komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die doel van die kursus is om ʼn verskeidenheid van tegnieke aan te bied om die voorkoms en akkuraatheid van dokument-inhoud te verbeter.

KURSUSBENAMING

Word Basies/ Intermediêr

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:                5 Mei 2020

Tyd:                       09:00 – 16:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit-lede:              R1200

Nie-lede:                             R2000

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie kursus is ontwerp om jou die basiese tot intermediêre vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal jou in staat stel om standaard- en meer komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die doel van die kursus is om ʼn verskeidenheid van tegnieke aan te bied om die voorkoms en akkuraatheid van dokument-inhoud te verbeter.

KURSUSUITKOMSTE:

 

  • Om met die basiese kenmerke van Microsoft Word te werk;
  • Dokumente te skep, te redigeer, te stoor/herwin en te druk;
  • Dokumente in verskillende aansigte (“views”) te vertoon;
  • Teks in ʼn dokument te selekteer en daarmee te werk;
  • Dokumente te manipuleer deur gebruik te maak van funksies soos vind en vervang; sny (“cut”), kopieer, vervang;
  • Dokumente met tabelle en kolomme te skep en te redigeer;
  • Karakterformatering (vetdruk, onderstreep, lettertipes) te gebruik;
  • Paragraafformatering, lynspasiëring, inlynstelling (“alignment”), tabuleerstop (“tabs”), en inspringing (“indents”) toe te pas;
  • Bladsyformatering (kantlyne, papieroriëntering, bladsynommers, “headers” en “footers”) te gebruik;
  • Funksies wat die bladuitleg van jou dokument beïnvloed, doeltreffend te gebruik;
  • Die spelling- en grammatika-kontroleerder sowel as om Microsoft Help te gebruik.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Alle individue in die werkplek wat met Microsoft Word werk

BIOGRAFIE: 

Chris Botha is ʼn Microsoft-gesertifiseerde vakkundige, ʼn Microsoft Office-meesterspesialis, asook  ʼn Microsoft-gesertifiseerde opleier.  Daarby het hy sy honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik hy die Microsoft-reeks produkte reeds vanaf die ontstaan daarvan.  Hy bring nie net teoretiese kennis na ʼn opleidingsessie nie, maar maak ook gebruik van praktiese voorbeelde wat hy deur die loop van jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Hy is sedert 1993 reg oor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ʼn unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en bied meer as genoeg praktiese voorbeelde.

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status