Word Intermediêr/ Gevorderd 2 Junie

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Hierdie kursus is ontwerp om jou gevorderde vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal jou in staat stel om met meer selfvertroue te werk om komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die kursus is ontwerp vir diegene wat die vaardighede nodig het om lang dokumente te bestuur, outomatiserings te gebruik, verwysings en skakels toe te pas, spoorveranderings (“track changes”) te gebruik en dokumente te beveilig.

KURSUSBENAMING

Word Intermediêr/ Gevorderd

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:                2 Junie 2020

Tyd:                       09:00 – 16:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit-lede:              R1200

Nie-lede:                             R2000

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie kursus is ontwerp om jou gevorderde vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal jou in staat stel om met meer selfvertroue te werk om komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die kursus is ontwerp vir diegene wat die vaardighede nodig het om lang dokumente te bestuur, outomatiserings te gebruik, verwysings en skakels toe te pas, spoorveranderings (“track changes”) te gebruik en dokumente te beveilig.

KURSUSUITKOMSTE:

  • Om template en vorms te kan gebruik;
  • Verskillende dokumentstyle te kan toepas;
  • ʼn Inhoudsopgawe outomaties te kan bywerk;
  • ʼn Indeks te skep;
  • Kommentare (“comments”) in te voeg;
  • Spoorveranderings (“tracking”) te gebruik;
  • Kruisverwysings in te voeg sodat dit outomaties bygewerk word wanneer veranderinge aangebring word;
  • Boublokke (“Building Blocks”) te gebruik;
  • Die posfusie-funksie (“Mail Merge”-funksie) te gebruik;
  • Grafika in te voeg, te verskuif, die grootte daarvan te verander en dit te sny (“crop”);
  • Watermarks, WordArt en SmartArt te gebruik.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Alle individue wat met Microsoft Word werk en reeds die basiese vaardighede onder die knie het.

BIOGRAFIE: 

Chris Botha is ʼn Microsoft-gesertifiseerde vakkundige, ʼn Microsoft Office-meesterspesialis, asook  ʼn Microsoft-gesertifiseerde opleier.  Daarby het hy sy honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik hy die Microsoft-reeks produkte reeds vanaf die ontstaan daarvan.  Hy bring nie net teoretiese kennis na ʼn opleidingsessie nie, maar maak ook gebruik van praktiese voorbeelde wat hy deur die loop van jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Hy is sedert 1993 reg oor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ʼn unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en bied meer as genoeg praktiese voorbeelde.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status