Komende Gebeure

Laai Gebeure

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Substansprobleme – meer as ‘n mond vol

23 Augustus @ 6:00 nm - 10:00 nm

R320.00 - R400.00

Gebeurtenis Navigasie

3 x VBO punte vir predikante wat die substansprobleme-werkswinkel bywoon. Aansoek vir VPO (CPD) punte vir hierdie werkswinkel word ingedien by verskeie ander rade.

Lees artikels hier

Registrasie vir hierdie werkswinkel  sluit op 21 Augustus 2017.

Afhanklikheid en misbruik van chemiese middels beiinvloed nie net die individu nie, maar raak sy of haar naasbestaandes, vriende en die gemeenskap, dit affekteer die individu se welstand op vele terreine en kan selfs tot ‘n chroniese diagnose lei.  Tydens die VPO werkswinkel word daar gefokus op die psigiatriese, psigologiese en die sosiale impak van substansafhanklikheid.  Die sprekers se doel is om deelnemers aan die werkswinkel te bemagtig ten opsigte van die bio-psigososiale aanslag om heelpersoon gesondheidsorg te kan bied.

Temas wat behandel gaan word:

  • Diagnose / diagnostiese konsepte
  • Assesering en komorbiditeit
  • Benadering tot behandeling (biologies)
  • Benadering tot behandeling (psigo-sosial) – Fokus op heel-persoonsbenadering
  • Behandelingsopsies
  • Toegangsroetes tot behandeling / sorg

Wie sal by die werkswinkel baat?

  • Mediese praktisyns en personeel
  • Spesialiste
  • Maatskaplike werkers
  • Terapeute
  • Algemene praktisyns
  • Predikante
  • Menslikehulpbonbestuurders
  • Persone in bestuursposisies
  • Opvoedkundiges
  • Vrywilligers wat in die gemeenskap werksaam is

Meer oor die sprekers:

gerhard_p_grobler

Dr. Gerhard Grobler is tans die hoof van Psigiatrie aan die Steve Biko hospitaal.  Hy is bo en behalwe hierdie pligte ook gemoeid met die opleiding van voor- en nagraadse studente.  Hy was die vorige president van SASOP vanaf 2012 tot 2014 en in 2016 dien hy as een van die organiseerders van die Internasionale Psigiatriese kongres wat in Suid Afrika aangebied is.

Dr. Grobler het sy MMed Psigiatrie-graad in 2001 aan die Universiteit van Pretoria, Cum Laude geslaag.  Hy is ook verbonde aan verskeie professionele liggame en dien as voorsitter dien van die UP tak van JUDASA en  is ʼn genoot van SAMA.

0g0a9069

Jacques H. Botes is ʼn geregistreerde maatskaplike werker met ʼn privaat praktyk wat in kliniese terapeutiese werk met individue, groepe en families spesialiseer. Jacques het vir vyf jaar op die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Raad op Maatskaplike Diensberoepe tot 2015 gedien. As opvoedkundige is hy betrokke by die praktiese opleiding van studente in maatskaplike werk op vierdejaarsvlak aan Unisa en is ook ʼn dosent by Varsity College (Pretoria) in Sielkunde, Filosofie, Maatskaplike Werk en Antropologie.

Jacques is tans geregistreer as ‘n doktorale kandidaat aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy studie is multidissiplinêr met studieleiers wat dissiplines in die sosiale wetenskappe en Christelike spiritualiteit verteenwoordig. Sy navorsingstema is: “Guidelines for social workers and other care providers to render spiritual support to healthcare service users”.

Bespreek jou stiplek in 2 maklike stappe:

  1. Registreer jou profiel op ons webblad.
  2. Bespreek jou sitplek, nadat jy ingeteken het, vir die spesifieke geleentheid.  (die kaartjies is aan die onderkant)

Betaling kan op 2 maniere geskied:

  1. Kies die EFT opsie as jou onderneming namens jou betaal, of as jy ‘n oorbetaling vanuit jou bank wil maak.  Voltooi die transaksie om jou sitplek te bevestig, en maak daarna die betaling.  Stuur jou bewys van betaling en bestelling ID nommer aan navrae@s-leer.co.za
  2. As jy met jou kredietkaart wil betaal, kies die PayFast opsie en voltooi die transaksie

Enige navrae kan per epos gerig word aan navrae@s-leer.co.za

Besondehede

Datum:
23 Augustus
Tyd:
6:00 nm - 10:00 nm
Koste:
R320.00 - R400.00

Organiseerder

S-Leer

Plekke

S-Leer by Akademia
284 Von Willich avenue
centurion, Gauteng 0157 South Africa
+ Google Kaart