Komende Gebeure

Laai Gebeure

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Trauma-Werkswinkel

25 Mei @ 8:00 vm - 5:00 nm

R400 - R500

Suid Afrika is ʼn getraumatiseerde samelewing. In baie opsigte het trauma al genormaliseer omdat soveel mense direk en indirek daarmee gekonfronteer word. Hierdie twee sprekers is kenners op die gebied en werk daagliks met trauma. Kom leer meer oor die remedies om hierdie epidemie aan te spreek.

Tyd:  08:00 – 15:00 met middagete en ander verversings

Voldagseminaar: aangebied teen R500 vir nie-lede en R400 vir lede.

Navrae: navrae@s-leer.co.za

Wie sal baat vind?

  • Alle mediese personeel
  • Terapeute
  • Maatskaplike werkers
  • Persone in bestuursposte
  • Persone wat ondersteuningsdienste bied
  • Geestelike en pastorale leiers
  • Opvoedkundiges
  • Belangstellendes in die tema

SPREKERS:

juliana-coetzer  bloed-vreemde-juliana-coetzer

Juliana woon saam met haar gesin in Murrayfield, ‘n voorstad van Pretoria.  Sy is ‘n psigoterapeut met haar eie praktyk en werk met mense wat emosioneel seergekry het en êrens in hulle lewe trauma ervaar het. Haar skool vir volwassenes, School of Awareness, bestaan reeds 10 jaar lank. Tientalle mense het hulself al daar leer ken en geleer om verantwoordelikheid vir hul eie lewe te neem. Wanneer Juliana nie werk nie, bak sy die allerlekkerste sjokoladekoek en Namakwalandse beskuit en kuier met haar vriende. Sy is die outeur van Bloedvreemd wat in 2015 uitgegee is.

jacques-h-botes

Jacques H. Botes is ʼn geregistreerde maatskaplike werker met ʼn privaat praktyk wat in kliniese terapeutiese werk met individue, groepe en families spesialiseer. Jacques het vir vyf jaar op die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Raad op Maatskaplike Diensberoepe tot 2015 gedien. As opvoedkundige is hy betrokke by die praktiese opleiding van studente in maatskaplike werk op vierdejaarsvlak aan Unisa en is ook ʼn dosent by Varsity College (Pretoria) in Sielkunde, Filosofie, Maatskaplike Werk en Antropologie.

Jacques is tans geregistreer as ʼn doktorale kandidaat aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy studie is multidissiplinêr met studieleiers wat dissiplines in die sosiale wetenskappe en Christelike spiritualiteit verteenwoordig. Sy navorsingstema is: “Guidelines for social workers and other care providers to render spiritual support to healthcare service users”.

Besondehede

Datum:
25 Mei
Tyd:
8:00 vm - 5:00 nm
Koste:
R400 - R500
Gebeurtenise Kategorie:

Organiseerder

S-Leer

Plekke

S-Leer by Akademia
284 Von Willich avenue
centurion, Gauteng 0157 South Africa
+ Google Kaart