Aandag alle kommunikasiepraktisyns, bemarkers, joernaliste, skakelbeamptes, ontwerpers en enige iemand in ’n kreatiewe beroep: Besprekings vir die Gonsfees van 2020 is nou oop!

Maak vir jou iets heerlik warms te drinke en sluit op 11 September om 10:00 by ons aan in die gemak van jou eie kantoor of huis. Ons bring vanjaar se fees tot op jou voorstoep met inspirerende sprekers soos Mynhardt van Pletsen van Kraft Insights en Annie Malan van Annie Malan Promotions.

Gaan van krag tot krag in jou beroep en nooi jou kollegas uit om saam met jou en inspirerende kenners in jou beroep te kom kuier.

Hoekom moet jy inskakel?

Die kommunikasiebedryf is ʼn energieke, innoverende en vinnig veranderende omgewing. Daar word van persone in dié bedryf verwag om lewenslange leerders te wees en deur hul vaardighede wat hul konstant opskerp meesterskap in hul veld te bereik. Persone wat kommunikasieverwante take moet verrig, het ʼn groterwordende behoefte om netwerke te vorm, kennis te deel en by deskundiges te leer.

Wat behels die Gonsfees?

Gonsfees word virtueel uitgesaai

BIO

Mynhardt van Pletsen dien as ’n handelsmerk- en kommunikasie- spesialis by KRAFT designsmiths™ in Pretoria. Vanuit sy agtergrond in beide die regte en die kunste kombineer hy ontwerp, taal, strategie en storie ten einde organisasies en individue te help om op betekenisvolle wyse te kan kommunikeer. Hy bly in die Kaap en geniet lekker koffie.

ONDERWERP

Niemand wil net heeldag vertel word wat om te doen nie. Veral nie deur maatskappye wat heeltyd produkte en dienste aan jou wil afsmeer nie. Die besighede wat inspirerende stories kan vertel rondom die bruikbare waarde van hulle goedere sal altyd meer aandag geniet as die kompetisie. Stories is die raamwerk waarbinne ons verstaan, kommunikeer en betekenis ontgin. Stories is menswees.

BIO

Annie Malan is al 17 jaar die HUB van Annie Malan Promotions. Hulle doen direkte bemarking vir banke, selfoonnetwerke, FMCG-maatskappye en het ’n nasionale netwerk van bemarkers en deesdae ook internet influencers wat baie spesifieke markte teiken. Annie was klein Nina in Fiela Se Kind, Saartjie en het ’n rits ander rolle as kind agter haar naam. In 2014 het sy die ATKV-mediaveertjie as Beste Aktrise in ’n dramareeks vir haar rol in Swartwater gewen. Annie se passie is haar mense en haar werk. Sy het gedurende die inperking haar tuimeldroër en stofsuier suksesvol gebreek en 10 kg verloor weens haar dom maniere in ’n kombuis. Annie het elke dag van die inperking aandag geskenk aan innovasie, veral in die digitale bemarkingswêreld.

ONDERWERPE

  • Deel een: ’n Pessimis sê die glas is halfleeg. ’n Optimis sê die glas is halfvol. ’n Entrepreneur vat die glas en drink wat ook al binne in is – Positief
  • Deel twee: ’n Entrepreneur is iemand wat uit ’n vliegtuig spring en sy valskerm bou op pad na onder – Waag
  • Deel drie: Klim jy ook soms op die lawaai wa (“Bandwagon”)?
  • Deel vier: Laser kan net genees as dit baie lank op een plek fokus – Wees in die oomblik
  • Deel vyf: ’n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar humor gee jou antwoord baie meer mobiliteit en moontlikhede.