Ek het onlangs die voorreg gehad om ʼn S-leer-kursus by te woon. Ek het gekies om die gevorderde Microsoft Word-kursus by te woon nadat ek ook reeds ʼn paar uiters nuttige webinare bygewoon het.

Ek werk elke dag met MS Word en ek moet erken dat ek nie heeltemal oortuig was van hoeveel ek wel sou kon leer nie; ek werk tog elke dag met MS Word. Min het ek geweet dat ek voor die eerste teepouse reeds soveel sou leer dat ek heeltemal stomgeslaan was.

Hierdie kursus was nie net ʼn opskerping van dit wat ek reeds geweet het nie; dit was ʼn ervaring waardeur ek nuwe maniere kon vind om werk van die beste gehalte te lewer en dit vinniger te kan afhandel.

S-leer laat jou verder tuis voel danksy ʼn teepouse waartydens jy koffie met iets te peusel kry. Dan voorsien hulle ook ʼn heerlike middagete sodat jy net op leer hoef te fokus en geen ander kommer hoef saam te dra nie.

Na afloop van my kursus is ek gerat om beter werk te lewer en ek is entoesiasties om dit wat ek geleer het, te begin toepas. Ek verstaan nou waarom jy moet aanhou leer, want jy sal nooit alles weet nie. Ek sal enige S-leer-produk aanbeveel, want leermoontlikhede híér is eindeloos.

Ek sal enigeen aanraai om hierdie kursus te volg, veral as jy elke dag met MS Word werk. Die kursus is insiggewend, verbruikersvriendelik en werklik ʼn bate waardeur jy jou werkslewe kan verbeter.

Dankie S-leer! Julle sien my verseker weer!

Inge Janse van Rensburg