Deur: Melissa Peyper

Microsoft Office was nog nooit eintlik ’n vreemde program vir my nie. Vandat ek kon onthou, het beide my ouers my geleer hoe om Microsoft Word, Excel en PowerPoint te gebruik. Ek het nog altyd ’n liefde daarvoor gehad om meer te leer en nuwe dinge te ontdek en met die kursus is dit presies wat ek gedoen het! Kom ons begin by die begin…

Ek het https://s-leer.co.za/ besoek, waar ek vanuit ’n verskeidenheid webinare, seminare en e-leer kursusse kon kies. Die moontlikhede is eindeloos, van konflikbestuur tot aanbiedingsvaardighede, maar ek het besluit om vir eers binne my raamwerk te bly. Ek het die gevorderde MS Word-seminaar gesien en dit het dadelik my nuuskierigheid geprikkel. Ek het bietjie meer gaan oplees oor wat die kursus my gaan bied en geweet ek moet dit beslis bywoon. Die registrasie was so maklik soos 1, 2, 3 en toe is ek klaar! Om eerlik te wees het ek eers gedink, ek gaan nie veel baat by ’n Microsoft Word-kursus nie, omrede ek al so lank met Word werk, maar ek het besef mens kan altyd nog leer en mens se kennis verbreed.

Die dag van die kursus was dit lekker koud, met mis wat die gebou omhels (een van daardie oggende waar jy nie eintlik lus is om uit die bed te klim nie), maar ons is met ’n warm koppie koffie en beskuit wat so lekker soos jou ouma s’n is, verwelkom. Ons seminaar het begin met ons fasiliteerder, Chris Botha, wat ons vertel het wat ons alles kan verwag. Op hierdie punt het al my bedenkinge van “Wat kan ek tog leer?” by die deur uitgevlieg. Van kolomme tot inhoudsopgawes, dokumente wat my gewoonlik 20-30 minute sou vat om reg te kry, sal my nou 5-10 minute vat te danke aan Chris se nuttige wenke. Daar is net een sin wat dié tweede dag van die kursus vir my perfek kan opsom en dit is “O my woord!” Ek is so bly ek het gekies om die kursus by te woon, want dit maak my daaglikse dokumente soveel makliker om mee te werk. Ek wens net ek het al vroeër van al die wenke geweet, want dit sou my beslis baie tyd op universiteit gespaar het.

Ek beveel die kursus aan vir enige iemand wat gereeld met Microsoft Word werk, glo my dit gaan ’n nuwe wêreld vir jou oopmaak! Dankie aan Chris Botha vir die wêreldklas opleiding en dankie aan S-leer wat die platvorm aan ons bied! Julle gaan my beslis nog baie in die toekoms sien. Ek gaan sommer nou dadelik vir die Gevorderde Excel-kursus registreer – https://s-leer.co.za/courses/gevorderde-microsoft-excel-kursus/. Sien jou binnekort daar!