Ons Span

Ontmoet ons span

S-Leer-Span-foto

Leana Leonard

Besturende direkteur


“Die ontwikkeling van vaardighede en talente. Om om te gee. Integriteit en diensbaarheid.”

Dít is die beginsels wat my na aan die hart lê. Dit is ook hierdie beginsels wat ek as deurslaggewend vir die sukses van S-Leer beskou. Met ʼn BCom Honneursgraad in Bedryfsosiologie, ʼn passie vir opleiding en 16 jaar ondervinding is ek ʼn dinamiese besluitnemer wat sterk operasioneel en strategies leiding neem.
“S-Leer is ʼn wonderlike geleentheid om mense se vaardighede te ontwikkel. Ons lê letterlik stene wat aan iemand se loopbaan en toekoms bou, en dan versterk ons dit met ons unieke S-Leer-sement: Twee dele kennis, een deel gasvryheid en een deel pret! Want leer wat lekker is, gee kennis wat sterker is.

Nicolien Welthagen

Opleidingsbestuurder


“As liefde en vaardighede bymekaar kom word ʼn meesterstuk geskep.”

Ek is ʼn navorsingsielkundige met ʼn MA-graad in Sielkunde van die Universiteit van Pretoria. Hoewel my liefde vir navorsing duidelik blyk uit meer as 25 jaar se ondervinding as gedragsnavorser, het ek ook ondervinding in klasgee en volwasse opleiding o.a. by UP en UNISA. My passie vir aanlyn leer en die nuutste tegnologiese ontwikkeling in hoër en volwasse opleiding is gebore uit die afgelope vier jaar by die Solidariteit Navorsingsinstituut waar my navorsing hoofsaaklik op opleiding en ontwikkeling gefokus het.

Alida du Preez

Kantoor- en Opleidingskoordineerder


“Verhoudinge word gebou deur individue wat saam die toekoms tegemoet gaan.”

Ek het 13 jaar administratiewe ondervinding in Solidariteit se Regsafdeling. Ek het reeds ʼn sertifikaat in Menslike Hulpbronne verwerf en is tans besig met my Hoër Diploma in Assistentwese. Ek sien baie daarna uit om dit wat ek geleer het en my beroepservaring in my pos by S-Leer aan te wend.
Dit maak my gelukkig indien ek ʼn bydrae kan lewer en my kollegas kan bystaan en ondersteun. Dit is vir my belangrik om lewenslange menseverhoudings te bou.

Medewerkers

Bedryfsondersteuning


Finansies afdeling van Solidariteit
Tegnologie afdeling van Akademia
Gildebestuur van Solidariteit
Konsultante
Sprekers
Share This