Deur Dr. Juran van den Heever

Met die konstante innovering van kuber-fisiese sisteme, die internet van dinge, robotika, massa-data en die vergrote realiteit, sal produksiestelsels ook moet aanpas. Om die werk in hierdie nuwe fabrieke van die toekoms te verrig, het jy Operateurs 4.0 nodig. Operateur 4.0 is ʼn slim en vaardige operateur wat nie net saam met die robotte werk nie, maar ook werk doen wat deur masjiene gesteun word soos dit benodig word. Laasgenoemde gebeur deur middel van menslike kuber-fisiese sisteme, gevorderde tegnologie met mens-masjien-interaksie, en die aanpassingsvermoë van outomatisering saam met die mens.

Wêreldwyd, in lande soos Amerika, Suid-Korea en Duitsland, word reeds fabrieke van die toekoms opgerig (slim fabrieke). Hierdie fabrieke poog om die industriële werksmag en die werksomgewing tot 2025 grootliks te transformeer. Dit sal ʼn groot impak hê op die wêreld van werk, want Industrie 4.0 sal ontwerpe, vervaardiging, werksaamhede, die lewering van produkte en dienste en produksiesisteme transformeer.

Om dít te midde van die immigrasie van laag geskoolde werkers, verskillende opvoedingsvlakke onder werkers, vaardigheidsverskille en die demografie wat verskil, gedoen te kry, sal slim fabrieke die volgende elemente moet verbind en verweef:

  1. Slim produkte
  2. Slim masjiene
  3. Slim operateurs

Deur die drie te verbind of te verweef, sal dit produksiesisteme soepel, rats, opspoorbaar en aanpasbaar maak.

Om hierdie Industrie 4.0 aan te neem, sal vervaardigingsondernemings hierdie tegnologiese transformasie in samewerking met opleiding- en ontwikkelingsprogramme vir die werksmag moet aanbied, asook nuwe gereedskap en tegnologieë wat vaardige werkers gebruik en waarby die operateurs eerstehands betrokke is.

Nuwe werksomgewings soos die kuber-fisiese fabriek wat interaksie tussen man en masjien sal weerspieël, maar ook tussen digitale en die fisiese wêreld, sal oor sosio-tegnologiese transformasie van die fabriek van die toekoms en nuwe ontwerpdenke en inginieurfilosofieë moet beskik.

Die visie van Operateur 4.0 sal daarop toegespits wees om vertroue en interaksie tussen man en masjien te vestig, wat dit vir slim fabrieke moontlik sal maak om nie net die meeste uit slim masjiene se sterkpunte en vermoëns te kry nie, maar ook om slim operateurs te bemagtig met nuwe vaardighede en hulpmiddels.

ʼn Volhoubare fabriek in die vierde nywerheidsrewolusie sal ʼn werkplek wees waar sisteme, ontwerp en ingenieurswese saam met robotika, kinematika, kontrolesisteme, manipulasie, navigasie en aanpasbare outomatisasie stelsels werk om die kennis en vermoëns van die operateurs te verbeter.

Die rewolusie van die take van operateurs in die vervaardigingsektor lyk soos volg:

Operateur 4.0 sal bygestaan word deur masjiene en robotte, en die fisiese mens-kuber-sisteme.

 

Bronne:

Rupert, T., Jasko, S., Holczinger, T., & Abonyi, J. 2018. Enabling Tecgnologies for Operator 4.0.  Applied Sciences. (8) 1650.1-19

Romero, d. Stahre, J., Wuest, T., Noran, O., Bernus, P., Berglund, A. & Gorecky, D.  Towards an operator 4.0 typology:  A Human-Centric perspective on the Foruth Industrial Revolution Technologies.  Leer hier Besoek op 26 Feb. 2020.