Fondsinsameling: Suksesvolle fondsinsameling vir jou organisasie

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

Fondsinsameling – is daar nog geld en hoe kry ek dit vir my organisasie? Hoe kan ek tegnologie gebruik om tyd te spaar en my fondsinsamelingspogings meer suksesvol te maak? Watter rol speel verhoudings in ’n suksesvolle fondsinsamelingstrategie? Suksesvolle fondsinsameling is enige NWO se brood en botter. Annelise leer ons hoe om ons NWO’s suksesvol te bemark in hierdie gratis webinaar.

 

Annelise de Jager is ’n oud-maatskaplike werker met meer as 30 jaar ondervinding op die gebied van fondsinsameling en bemarking van NWO’s. Sy is ’n inspirerende motiveringspreker asook die stigter van groot nasionale fondsinsamelingsprojekte soos Loslitdag en Nasionale Tekkie Tax-dag. Vir die afgelope 15 jaar spesialiseer sy in opleiding en bemagtiging van persone wat by NWO’s werksaam is. Lees meer oor Annelise by www.annelisedejager.com

 

Elke webinaar sal afskop met bietjie persoonlike pitkos om jou tenk vol te maak, want jy is die belangrikste element in die sukses van jou organisasie. Daarna gaan sy fokus op praktiese elemente wat jy kan toepas om jou NWO te laat groei, selfs in hierdie moeilike tyd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *