Die werksomgewing is besig om deur ‘n groot transformasie te gaan, nie net wat tegnologiese verandering betref nie, maar ook in terme van die uiteenlopendheid en diversiteit van die verskillende ouderdomsgroepe wat hulself saam in die werksplek bevind.  Die drie generasies wat die arbeidsmag oorheers, is Baby Boomers, Generasie X en Generasie Y (millenniërs). Maar Generasie Z kom ook nou nog by wat verdere veranderinge meebring. Met die intrede van nuwer geslagte, en die stadige verwydering van ouer geslagte uit organisasies is dit nodig om die verskille in benadering, werkswyse, waardes en so meer van die verskillende generasies te verstaan. Hoekom? Verskillende generasies het dan nog altyd saamgewerk. Wat is die voordele daarvan om die gapings tussen generasies te verstaan? Die werkplek bestaan uit wyduiteenlopende groepe mense en dit is noodsaaklik dat die verskillende generasies mekaar beter verstaan ten einde produktief tydens die Vierde Industriële Rewolusie te bly. Hierdie webinaar sal die basiese kennis oor en definisies van die verskillende generasies uiteensit.  Dit sal jou ook bewus maak van hoe die gapings tussen die verskillende generasies die werksplek beïnvloed.

Generasie X, Y, Z: Verstaan die gapings

Aanbieder
Tyd
Vereistes
Uitkomste
Gradering
Jou onderrigspan


Nog Kursusse

R 0

KURSUSBENAMING: Metaboliese Sindroom (MetS) KURSUSFORMAAT: E-leer; VPO-artikel KOSTE VAN KURSUS: Gratis OORSIG VAN INHOUD: Obesiteit […]

Ideal vir Gesondheidpraktisyns
GRATIS

ʼn Solidariteit Gilde is ʼn gemeenskap wat jou nie net sterk in jou beroep maak […]

Ideal vir Gesondheidpraktisyns
R 750

KURSUSBENAMING: Microsoft PowerPoint KURSUSFORMAAT: Die e-leer word in veelvuldige video’s opgebreek met sekere temas wat […]

Ideal vir Almal Arbeidskool