Generasie X, Y, Z: Verstaan die gapings

KURSUSSTATUS:

R2,000.00

Category:

Beskrywing

Die werksomgewing is besig om deur ‘n groot transformasie te gaan, nie net wat tegnologiese verandering betref nie, maar ook in terme van die uiteenlopendheid en diversiteit van die verskillende ouderdomsgroepe wat hulself saam in die werksplek bevind.  Die drie generasies wat die arbeidsmag oorheers, is Baby Boomers, Generasie X en Generasie Y (millenniërs). Maar Generasie Z kom ook nou nog by wat verdere  veranderinge meebring. Met die intrede van nuwer geslagte, en die stadige verwydering van ouer geslagte uit organisasies is dit nodig om die verskille in benadering, werkswyse, waardes en so meer van die verskillende generasies te verstaan. Hoekom? Verskillende generasies het dan nog altyd saamgewerk.  Wat is die voordele daarvan om die gapings tussen generasies te verstaan? Die werkplek bestaan uit wyduiteenlopende groepe mense en dit is noodsaaklik dat die verskillende generasies mekaar beter verstaan ten einde produktief tydens die Vierde Industriële Rewolusie te bly. Hierdie seminaar stel jou in staat om te begryp hoe die verskillende kwessies aangaande generasies in die organisasie sigbaar is en hoe dit die organisasiekultuur beïnvloed.

Generasie X, Y, Z: Verstaan die gapings

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *