Dalk weet die publiek van jou organisasie en ken hulle selfs jou logo, maar is dit genoeg? Hierdie gratis opleiding bespreek die ses belangrikste boodskappe waarop jy as NWO moet fokus om mense te oortuig om jou finansieel te ondersteun.

Annelise de Jager is ’n oud-maatskaplike werker met meer as 30 jaar ondervinding op die gebied van fondsinsameling en bemarking van NWO’s. Sy is ’n inspirerende motiveringspreker asook die stigter van groot nasionale fondsinsamelingsprojekte soos Loslitdag en Nasionale Tekkie Tax-dag. Vir die afgelope 15 jaar spesialiseer sy in opleiding en bemagtiging van persone wat by NWO’s werksaam is. Lees meer oor Annelise by www.annelisedejager.com

Elke webinaar sal afskop met bietjie persoonlike pitkos om jou tenk vol te maak, want jy is die belangrikste element in die sukses van jou organisasie. Daarna gaan sy fokus op praktiese elemente wat jy kan toepas om jou NWO te laat groei, selfs in hierdie moeilike tyd.

Aanbieder
Tyd
Vereistes
Uitkomste
Gradering
Jou onderrigspan


Nog Kursusse

R 250

Die verhouding wat jy met jouself en ander het, vorm die basis van jou lewe. Hoe stewig is jou fondasie?

Ideal vir Kantoorpraktisyns
R 0

Obesiteit word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as ʼn globale epidemie beskou.

Ideal vir Gesondheidpraktisyns
GRATIS

ʼn Solidariteit Gilde is ʼn gemeenskap wat jou nie net sterk in jou beroep maak nie, maar dit is ook ʼn gemeenskap waarbinne jy tuis kan voel, saamwerk en saam leer.

Ideal vir Gesondheidpraktisyns