Hoe bestuur ek my loopbaan binne ‘n snelveranderende wêreld van werk?

KURSUSSTATUS:

R2,700.00

Category:

Beskrywing

Hoeveel ure per dag bestee jy in die werkplek? Of dalk moet ‘n mens eerder vra: hoeveel ure per dag bestee jy aan werk – hetsy in die werkplek of waar ookal? Hoeveel bevrediging ervaar jy dan wanneer jy besig is met werk? Die snelveranderende wêreld stel toenemend meer eise aan alle werknemers en werkgewers. Vir effektiewe aanpassing binne hierdie omgewing, is dit noodsaak om voortdurend ‘n opname te maak van wie ons is, en hoe ons vaardighede en waardes ooreenstem met die vereistes wat die werkplek aan ons stel. Alhoewel daar dikwels heelwat leergeleenthede binne die werkplek is, word loopbaanontwikkeling al hoe meer oorgelaat aan die werknemer. Voel jy in beheer van waarheen jy oppad is met jou loopbaan? Indien nie, behoort hierdie kursus jou genoeg kennis en vaardighede te gee om jou loopbaan beter te bestuur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *