Hoe versorg jy iemand met Covid-19?

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

Die nuwe koronavirus het baie mense regoor die wêreld beïnvloed, en baie is geïnfekteer met die virus. Maar wat maak jy as jy in self-isolasie is en iemand in jou huis het Covid-19 opgedoen?

As die geïnfekteerde persoon een van die gelukkige mense is wat nie hospitalisasie nodig het nie, sal jy moet begin regstaan om na daardie persoon om te sien en seker te maak die persoon word versorg, maar intussen moet jy jouself en ook ander mense in jou huis teen die virus beskerm.

In kort is dit belangrik om te onthou om die persoon wat geïnfekteer is, te isoleer van die res van die huishouding, maar ook seker te maak die pasiënt het meer as genoeg vloeistowwe om te drink om te help om ongemak met simptome te verbeter. Dit is baie belangrik om te onthou om nie paniekerig te raak nie.

Doen gerus die E-leer en kyk watse 9 stappe jy kan volg om jou en jou huisgesin veilig te hou as iemand by die huis geïnfekteer is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *