R0.00
WooCommerce customize add to cart buttonBeskrywing
KURSUSBENAMING:
Kuberafknouery-webinaar: wat ouers en onderwysers alles moet weet oor kinders, boeliegedrag en die veilige gebruik van tegnologie
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
20 Augustus 2020 om 12:00
KURSUSFORMAAT:
Hierdie webinaar sal fokus op:
- Leandie Bräsler (AfriForum se bestuurder vir Junior Jeugleierskap): boeliegedrag (15 min.)
- Prof. Elmarie Kritzinger (Unisa): kuberafknouery en die veilige gebruik van tegnologie (15 min.)
- Gerhard Nieuwoudt (distrikskoördineerder by AfriForum): selfdood (15 min.)
- Daniël Eloff (prokureur by Hurter Spies Ingelyf): regsadvies (15 min.)
- Vrae: 5-10 min.
KOSTE VAN KURSUS:
Gratis
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
Aanlyn, in die gemak van jou eie huis of kantoor.
OORSIG VAN INHOUD:
Hierdie webinaar sal fokus op:
- Boeliegedrag, met spesifieke fokus op kuberafknouery en wat dit alles behels
- Kinders en die veilige gebruik van tegnologie, die internet en toepassings
- Die gevaartekens van moontlike selfdoodpogings
- Regsadvies: wat sê die wet oor boeliegedrag en kuberafknouery?
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Alle ouers en onderwysers wat meer wil uitvind oor boeliegedrag en spesifiek kuberafknouery en hoe hulle kan seker maak dat hulle kinders op ’n veilige manier van tegnologie en die internet gebruik maak.