R0.00
WooCommerce customize add to cart buttonBeskrywing
Ontwerp is oral waar jy kyk. Kleur, vorms en tipografie verlig die wêreld om ons. Dit vorm kulture en kleur persoonlikhede in. Grafiese ontwerper Marike Grobler leer ons waarom ontwerp ʼn belangrike rol in bemarking speel en hoe jy dit kan gebruik om jou doelwitte te bereik.
Marike is ʼn grafiese ontwerper wat haar kreatiwiteit uitleef deur aan verskeie handelsmerke bekendheid te gee. Haar kennis oor handelsmerke, die noodsaaklikheid van ʼn goeie handelsmerk en alles wat daarmee gepaard gaan, is wat haar suksesvol maak. Sy het ervaring van verskeie maatskappye se handelsmerke asook die suksesvolle belyning daarvan met hulle bemarkingsdoelwitte.