R170.00
WooCommerce customize add to cart buttonBeskrywing
GP van Rheede van Oudtshoorn, ʼn spesialis in kommunikasie, vertel vir ons hoe ons as kommunikasie- en bemarkingdeskundiges deur basiese projekbestuurbeginsels ʼn verskil kan maak wanneer ons by projekte betrokke raak. Ons werk deur die vyf oomblikke van projekbestuur sodat jy ʼn wesenlike verskil kan maak deur projekte vanuit ʼn kommunikasiehoek te bestuur.
GP bring positiewe energie na enige opleiding of aangeleentheid vir besigheidsbeplanning. Hy het 23 jaar ondervinding as spreker en konsultant, en hy het al in meer as 11 lande sy kennis met diverse gehore gedeel. Sy kennis is gegrond op sy akademiese opleiding in kommunikasiewetenskap en hoër onderwys.