Kuns van oorreding

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

OORSIG VAN KURSUS:

Dit is baie opwindend om ‘n super-atleet soos Usain Bolt in aksie te sien. Dit skep energie en opgewondenheid. Hy trek skares van oral wat in afwagting sit om hom te sien presteer.

Net so is dit ook bevredigend om persone met skerp oorredingsvaardighede in aksie te sien. Dit blyk asof sulke persone presies weet wat om te sê en hoe om dit oor te dra. Hulle tydsberekening is reg. Woorde en sinne vloei spontaan. Die indruk op die gehoor of luisteraars is dat die rede met selfvertroue en kundigheid gevoer word. Die uitkoms is dus ‘n gehoor wat oorreed is.

Dit is ‘n vals oortuiging of aanname dat net sekere tipes mense vaardige oorreders kan wees. “Party mense is nie praters nie” lui die verskoning. Die bekende skrywer en opvoedkundige, Ralph Waldo Emerson, gee die volgende perspektief: “Die meerderheid van uitstaande sprekers [en oorreders] begin as swak oorreders.”

Die kuns van oorreding is gedrag wat aangeleer kan word. Dit verg oefening soos enige sport of stokperdjie. “Hoe meer jy oefen hoe meer geluk is aan jou kant,” het die die golfmeester, Gary Player, gesê.

Hierdie webinaar bied praktiese gereedskap om oorredingsvaardighede te ontwikkel.

 

UITKOMSTE VAN WEBINAAR:

Die webinaar bied die volgende leer geleenthede, naamlik:

  • Die gedragsvaardighede waaruit oorreding bestaan.
  • Verkenning van die 10 sleutels (geheime) wat maak dat mense graag na jou sal luister.
  • Bespreking van ‘n praktiese oefenplan wat top oorreders volg.

Kuns van oorreding

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *