Laat jouself beter geld deur emosionele intelligensie

KURSUSSTATUS:

R2,000.00

Category:

Beskrywing

Die hedendaagse werkplek is baie meer veeleisend en mededingend as ooit tevore. Alhoewel daar hoë verwagtings in terme van tegniese kundigheid en vaardighede gestel word, is dit egter ook waar dat jy nie na die beste van jou vermoë kan presteer as jy jouself nie effektief kan bestuur, of sukkel om goeie interpersoonlike verhoudings te handhaaf nie. Ons het nie altyd beheer oor al die elemente in die werkplek nie, maar ons kan leer om die eise en uitdagings doeltreffend te hanteer, en hoe om ander rondom ons te beïnvloed. Emosionele intelligensie het ʼn deurslaggewende aandeel in suksesvolle werkomgewings. Hulle kan hierdie inligting gebruik om beter te kommunikeer, beter besluite te neem, en stresvolle situasies beter te hanteer. Gevolglik kan dit lei tot effektiewe leierskap, spanwerk, prestasie, en verhoogde resultate aangaande wins/opbrengs.

 

Laat jouself beter geld deur emosionele intelligensie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *