Microsoft Word: Basies tot Gevorderd

KURSUSSTATUS:

R750.00

Category:

Beskrywing

Let wel: Die koeponkode is nie geldig vir hierdie kursus nie

KURSUSBENAMING:
Microsoft Word: Basies tot Gevorderd

KURSUSFORMAAT:
Die e-leer word in die volgende stukke opgedeel:

KOSTE VAN KURSUS:
Nie-lede: R750
Solidariteit-lede: R450

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
In die gerief van jou eie kantoor

OORSIG VAN INHOUD:
MICROSOFT WORD: BASIES – INTERMEDIÊR
1. Begin

• Navigeer in Microsoft Word
• Pasmaak jou Word
• Selekteer teks (“Selecting text”)
• “Clipboard”
• Kontroleer en druk (“preview and print”)
• Stoor dokumente – basies en pdf

2. Formatering en lyste

• Formatering van teks
• Ingeboude style (“Built-in styles”)
• Rame en skadu (“Borders and shading”)
• Kol- en nommeringslyste
• Inkepings en spasies (“Indents and tabs”)

3. Tabelle

• Skep ’n basiese tabel
• Skakel teks om in tabelvorm (“Convert text to table”)
• Tabel ontwerp
• Tabel uitleg, sortering en berekeninge

4. Beelde

• Invoeg en uitleg van ’n beeld
• Wysig en formateer ’n beeld

5. Bladsy voorkoms “Page appearance”

• Bladsyrame, kleur en watermerke
• Bladsybreuke (“Page breaks”)
• Die basiese van kop-en-voetstukke (“headers and footers”)
• Afdelingsbreuke (“Section breaks”)
• Kop-en-voetstukke – die volgende vlak (“Headers and footers – next level”)

6. Grafieke, eksterne skakels en samevoeging (“merging”) van ’n Excel-databasis

• Skep ’n grafiek/diagram in Word
• Voeg ’n grafiek van Excel af in met ’n skakel
• Skep ’n Excel-spreitabel binne Word
• Voeg ’n Excel-spreitabel in
• Gebruik possaamvoeging (“mailmerge”) om ’n Excel-databasis in Word-dokumente te verbind

MICROSOFT WORD: INTERMEDIÊR – GEVORDERD
7. Gevorderde style en tabelle
• Skep ’n nuwe styl gebaseer op beskikbare style (slegs hierdie dokument en toekomstige dokument opsies)
• Inhoudsopgawe
• Eie style en wysig style (slegs hierdie dokument en toekomstige dokument opsies)
• Skep nuwe tabelstyl gebaseer op beskikbare style (slegs hierdie dokument en toekomstige dokument opsies)

8. Outomatisering
• Gebruik ’n beskikbare templaat
• Skep jou eie templaat

9. Vloei van dokument
• Voeg kolomme in
• Afdelingsbreuke

10. Verwysings en skakels
• Geskakelde teksbokse (“Linked text boxes”)
• Voeg onderskrifte (“captions”) by beelde
• Gebruik onderskrifte (“captions”) om ’n inhoudsopgawe te skep
• Voet- en eindnota’s
• Skep indeks
• Kruisverwysing na ander afdelings van ’n dokument
• Boekmerke om ’n lang dokument te navigeer
• Skakels
• Aanhalings (“citations”) en plekhouers
• Bibliografie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *