Lynette Beer bied aan: Vensters na persoonlikhede

UITVERKOOP

Die verhouding wat jy met jouself en ander het, vorm die basis van jou lewe. Dít lei ons na die volgende vraag: Hoe stewig is jou fondasie? Mense is ontwerp om saam met mekaar te leef, maar die manier waarop ons met onsself en ander saamleef kan die totale waarde en aard van ons bestaan bepaal. Dit is egter fundamenteel om ’n ware begrip van die dinamiek tussen onsself en ander te hê om gelukkig, harmonieus en doelgerig saam te kan leef.

Aan die hand van Lynette Beer se wêreldbekende vierkleurige temperamentmodel©, sal die Vensters na persoonlikhede -werkwinkel jou leer om jouself en ander vinnig en maklik te verstaan, en aan jou praktiese lewensvaardighede bied om na trauma in die verlede te herstel, gebroke verhoudings reg te maak en om betekenisvolle en simbiotiese verhoudings te ontwikkel, beide persoonlik en professioneel.

Die inhoud van hierdie kursus sluit in, maar is nie noodwendig beperk nie tot:

  • Die verband tussen jou persoonlikheid en jou persepsie.
  • Faktore wat beïnvloed hoe jy dink, voel en reageer op verskillende mense en scenario’s.
  • ’n Grondige ondersoek na die vier basiese persoonlikheidstipes en hulle dinamika.
  • ’n Uitdaging om jou verlede weer te besoek en jouself daarvan te bevry.
  • Leer om jou eie sterkpunte te benut en jou swakpunte teë te werk.
  • Verbeter jou vermoë om konstruktief te kommunikeer.
  • Vind uit hoe om betekenisvolle verbindings te vorm en simbiotiese verhoudings met ander te ontwikkel.
  • Leer om die beste weergawe van jouself te wees en hoe om die beste in ander uit te bring.

Hierdie kursus word aangebied deur Lynette Beer.

Lynette is die voorloper van die wêreldwyd erkende vierkleurige temperamentmodel wat haar as wêreldbekende denkleier oor menslike gedrag geposisioneer het en waarvoor sy in 2007 bekroon is met die mees innoverende en suksesvolste sakekonsep. Lynette se lewe en werk is in wese gegrond op die idee dat verhoudings die basis van beide ons persoonlike- en professionele- lewens vorm.

Die funksie besonderhede is as volg:

DATUM: 11 Junie 2021

TYD: 08:00 – 13:00

PLEK: Klein Kaap Boutique Hotel, Centurion

KOSTE PER KAARTJIE: R250 vir nie-lede en R150 vir Solidariteit-lede

*Kaartjie sluit werkwinkel en middagete in.

Skep ’n S-leer-profiel en registreer voor of op 28 Mei 2021 vir die funksie om jou plek te bevestig.

Aanbieder
Tyd
Vereistes
Uitkomste
Gradering
Jou onderrigspan


R 250

Nog Kursusse

R 0

Om ouers te bemagtig om hulle kinders te ondersteun.

Ideal vir Beheerligaamonderwysers
R 500

Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die […]

Ideal vir Maatskaplike werkers
R 500

Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die […]

Ideal vir Maatskaplike werkers