Positiewe energie om stres en uitbranding te voorkom

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ‘n spesie te danke aan ons stresreaksie. Dit mag alles goed en wel wees, maar die lewe in die 21ste eeu, met al sy uitdagings, het so verander dat ons natuurlike stresreaksies dikwels lei tot ongemak en uitbranding, eerder as om ons te beskerm. Ons kan beslis nie meer staatmaak op ons natuurlike programmering nie, maar moet eerder maniere vind om die uitdagings proaktief te bestuur. Hierdie webinaar fokus op die effektiewe hantering van stressors en hoe om ‘n goeie leefstylbalans te behou.