Self-leierskap: Dít is waar jou sukses begin.

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

OORSIG VAN KURSUS:

Hierdie webinaar bied ’n sleutel tot persoonlike welstand.

Ons leef in tye van skommelinge, onvoorspelbaarhede, vinnige en aanhoudende veranderinge en dubbelsinnighede.

Heelwat mense is, oor die algemeen, verward, onseker, gefrustreerd, beangs en moeg. Wanneer iemand rigtingloos en onrustig is, word hulle persoonlike energie verteer. ’n Bose kringloop ontstaan wat tot gevolg het dat ’n persoon ten volle deur die omgewing en ander mense beheer word. Die persoon wat beheer weggee word ’n gevangene.

Die alternatief is self-leierskap. Self-leierskap beteken in essensie dat jy jou eie toutjies trek – jy is nie iemand anders se toneelpop nie. Self-leierskap begin by die identifisering van dit waaroor jy beheer het (of kan hê), en dan om beheer daarvan te neem. Hierdeur groei jou invloed stap-vir-stap en jou sirkel van beheer brei ook uit. Soos jou sirkel van beheer uitbrei, vermeerder jou positiewe energie tot so ’n mate dat jy ander ook kan help.

Self-leierskap: Dít is waar jou sukses begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *