Stresbestuur tydens inperking

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

Jou brein evalueer elke situasie waarin jy jou bevind. Omstandighede in ons land is tans nie opwindend nie. Elke dag, elke keer, moontlik elke uur moet jou brein ’n besluit neem. Besluite soos “Is ek in gevaar?” “Hoe moet ek nou maak?” “Kan ek ooit hieruit kom?” “Hoe gaan ek werklik myself en my gesin deur hierdie tyd kry?”

Dit is dus voordelig om meer van jou brein te weet. Dit is eintlik noodsaaklik vir jou eie gesondheid en welsyn om te verstaan hoe jou gedagtes nou slim en kreatief bestuur moet word, sodat die negatiewe gedagtes nie toksies raak en beslis jou eie lyf aftakel nie.

Stres ontstaan wanneer die brein besluit dat jy nie die vaardighede het om die situasie te hanteer nie. Stres is ’n sterk ervaring (in jou brein en uiteindelik in jou hele liggaam) dat jy nie in beheer is nie, dat dinge radikaal verkeerd is. Daar heers ’n stryd in jou kop en wese en jy voel die meeste van die tyd sonder hoop. Om sonder hoop te lewe, is baie tragies!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *