Verandering van die klaskamer na aanlynleer

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

Datum van opname: 29 April om 10:00

Verandering van onderrig in die klaskamer na digitale-leer is nie ‘n nuwe onderwerp nie. Daar word egter in vele gevalle meer daaroor gepraat as daaroor gedoen.

Die groot universiteite in Suid-Afrika is skielik met digitale-onderrig in sy breedste vorm gekonfronteer weens die impak van die inperkingstyd.

Díe webinaar gaan egter oor die student. ‘n Gewilde aanname is dat jonger generasies met gemak en entoesiasme digitale-leer aanpak. Studies wêreldwyd toon dat die gestelde aanname verskeie valshede vervat. Die webinaar verduidelik dit verder.

Die belangrikste deel van die webinaar, waaraan die meeste tyd gewy word, is wenke aan studente om die transisie van die klas en leiding van ’n onderwyser en tutor te maak tot suksesvolle aanlynstudie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *