Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die werk op te daag. Dit verg passie, omgee, geduld en deursettingsvermoë. Solidariteit se Maatskaplikewerkersgilde en S-leer bied aan jou opleiding om jou, vir jou beroep toe te rus en jou dagtaak te vergemaklik.

Dr. Louise Aucamp bied VPO-opleiding aanlyn en in Afrikaans aan. Dit is ʼn geleentheid wat jy nie mag misgeloop nie. Dr. Louise Aucamp is ʼn geakkrediteerde maatskaplike werker wat meer as 22 jaar se ondervinding het om met getraumatiseerde kinders en families te werk. Dr. Aucamp het in sowel die formele welsynsektor as in die privaat praktyk gewerk.

Op Donderdag 14 Oktober word Emosionele Regulering: Van Neurobiologie tot Praktyk, bespreek. Die bespreking sluit in die ontstaan en registrering van emosies in die brein, die neurobiologie van emosionele regulering en die ontwikkeling van die vaardigheid om emosies te reguleer in kinders, asook die praktiese vaardighede in emosionele regulering.

PLEK: Aanlyn
KOSTE*: Gratis vir gildelede
DATUM: 14 Oktober 2021
TYE: 08:30 tot 12:30
Aanbieder
Tyd
Vereistes
Uitkomste
Gradering
Jou onderrigspan


R 500

Nog Kursusse

R 250

Module 5 van die Noodsaaklike Vaardighede vir Kantoorpraktisyns kursus. Die aanbod vind plaas op ’n […]

Ideal vir
R 500

Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die […]

Ideal vir Maatskaplike werkers
R 0

Hierdie opleiding sal jou as mentor bemagtig om uitnemend te wees.

Ideal vir