Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die werk op te daag. Dit verg passie, omgee, geduld en deursettingsvermoë. Solidariteit se Maatskaplikewerkersgilde en S-leer bied aan jou opleiding om jou vir jou beroep toe te rus en jou dagtaak te vergemaklik.

Op 30 en 31 Julie 2021 bied dr. Louise Aucamp VPO-opleiding aanlyn en in Afrikaans aan. Dit is ʼn geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Dr. Louise Aucamp is ʼn geakkrediteerde maatskaplike werker wat meer as 22 jaar se ondervinding daarin het om met getraumatiseerde kinders en families te werk. Dr. Aucamp het in sowel die formele welsynsektor as in privaat praktyk gewerk.

PLEK: Aanlyn
KOSTE*: Gratis vir gildelede
DATUM: 30 en 31 Julie 2021
TYD: 30 Julie van 12:00 tot 16:00

Op Vrydag 30 Julie hanteer dr. Louise die rou smart wat kinders ervaar. In dié tyd van rou is dit belangrik om kinders se behoeftes te verstaan en te weet hoe om hulle vrae te beantwoord. Watter rol moet jy as maatskaplike werker speel? Hoe kan jy jou ervaring prakties toepas?

AanbiederDr. Louise Aucamp
Tyd12:00 tot 16:00
Vereistes
Uitkomste3 VPO punte
Gradering
Jou onderrigspan


R 500

Nog Kursusse

R 0

Om ouers te bemagtig om hulle kinders te ondersteun.

Ideal vir Beheerligaamonderwysers
R 500

Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die […]

Ideal vir Maatskaplike werkers
R 500

Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die […]

Ideal vir Maatskaplike werkers