Vrouwees in die werkplek

KURSUSSTATUS:

R1,000.00

Category:

Beskrywing

Persoonlike leierskap is die fondasie van vrouwees in die werkplek. Die seminaar behels intensiewe gesprekke en ʼn aanbieding oor hoe die vrou haar invloed as leier uitoefen en hoe sy meer suksesvol kan wees in die uitkomste wat sy vir haar en die maatskappy stel. Selfbeeld en selfwaarde word vergelyk met egte selfvertroue en waarom werknemers die leier kan vertrou (of nie). Kommunikasiestyl en hoe sy enige situasies hanteer waar emosies nie met ʼn intelligente werkstyl (workforce) saamwerk nie, word ook in diepte gefasiliteer. Die vrou se persoonlike teenwoordigheid (positioning and presence) word opnuut ondersoek om sodoende met meer invloed en karakter te kan lei. Daar sal ʼn sterk fokus wees op emosionele en sosiale wysheid en die gebruik van ʼn joernaal in persoonlike ontwikkeling. Die oorhoofse doel sluit in om ʼn afgeronde (well-rounded), gesonde en prestasieryke (performing) vrou, wat aktief en kreatief in die werksomgewing is, te skep en te behou.

Vrouwees in die werkplek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *