Werksonderhoud Deel 1: Hoe dink ʼn onderhoudvoerder oor ʼn werksonderhoud

KURSUSSTATUS:

R0.00

Category:

Beskrywing

Om genooi te word vir ʼn werksonderhoud is die oomblik van waarheid. Dit is ʼn supergeleentheid wat vereis dat jy voor, tydens en ná die onderhoud versigtig te werk gaan om jouself suksesvol te “verkoop.”

KURSUSBENAMING:

Werksonderhoud Deel 1: Hoe dink ʼn onderhoudvoerder oor ʼn werksonderhoud

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gemak van jou eie huis

OORSIG VAN INHOUD:

Om genooi te word vir ʼn werksonderhoud is die oomblik van waarheid. In die verkoopswêreld staan só ʼn uitnodiging bekend as ʼn “koopsein.” In die konteks van ʼn werksonderhoud beteken die “koopsein” van ʼn voornemende werkgewer die volgende: “Jy is op ons kortlys. Ons wil jou graag beter leer ken om te besluit of jy die geskikte kandidaat vir ʼn werksaanbod is.” Dit is ʼn supergeleentheid wat vereis dat jy voor, tydens en ná die onderhoud versigtig te werk gaan om jouself suksesvol te “verkoop.”

 

Die webinaar hanteer onder meer die volgende vyf belangrike aspekte, naamlik:

  • Hoekom jy genooi is
  • Die verskillende soorte onderhoude
  • Wie die besluitnemers is
  • Jou voorbereiding
  • ʼn Aangesig-tot-aangesig-onderhoud teenoor ʼn virtuele gesprek

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Jeug

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *