ʼn Werksonderhoud is uit die aard van die saak ʼn gesprek tussen ʼn voornemende werkgewer en ʼn kandidaat. Dit is ʼn evalueringsgesprek. Aan die hand van voorafgekose kriteria word die beste kandidaat gekies.
KURSUSBENAMING:
Werksonderhoud Deel 2: Hoe om ʼn werksonderhoud te benader en te hanteer
KURSUSFORMAAT:
Webinaar
KOSTE VAN KURSUS:
Gratis
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
In die gemak van jou eie huis
OORSIG VAN INHOUD:
ʼn Werksonderhoud is uit die aard van die saak ʼn gesprek tussen ʼn voornemende werkgewer en ʼn kandidaat. Dit is ʼn evalueringsgesprek. Aan die hand van voorafgekose kriteria word die beste kandidaat gekies. Die sleutelterm is “evaluasie.” Evaluasie behels onder meer vrae waarop die kandidaat moet reageer. Vraag-antwoord-voorbereiding is ʼn kritieke suksesfaktor vir enige kandidaat. Dit verg oefening om vlot te wees in die beantwoording van vrae want ʼn werksonderhoud kan nogal angswekkend wees. Alhoewel voorafoefening baie help, bly spontaniteit en eerlikheid die beste beleid.
Die webinaar hanteer onder meer die volgende vier belangrike aspekte, naamlik:
- Die verskillende formate wat ʼn onderhoud kan aanneem
- Tipiese vrae soos deur navorsing geïdentifiseer is
- Wenke om vrae te beantwoord wat navorsing en ervaring beklemtoon
- Die belangrikste aspek wat volgens die nuutste navorsing gewoonlik in ʼn onderhoud nagelaat word
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Jeug
