VPO-OPLEIDING VIR MAATSKAPLIKE WERKERS

Om ʼn maatskaplike werker te wees is meer as om net elke dag by die werk op te daag. Dit verg passie, omgee, geduld en deursettingsvermoë. Solidariteit se Maatskaplikewerkersgilde en S-leer bied aan jou opleiding om jou vir jou beroep toe te rus en jou dagtaak te vergemaklik.

Op 30 en 31 Julie 2021 bied dr. Louise Aucamp VPO-opleiding aanlyn en in Afrikaans aan. Dit is ʼn geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Dr. Louise Aucamp is ʼn geakkrediteerde maatskaplike werker wat meer as 22 jaar se ondervinding daarin het om met getraumatiseerde kinders en families te werk. Dr. Aucamp het in sowel die formele welsynsektor as in privaat praktyk gewerk.

Die besonderhede van die opleiding is soos volg:

PLEK:Aanlyn
KOSTE*:Gratis vir gildelede
DATUM:30 en 31 Julie 2021
TYE:30 Julie van 12:00 tot 16:00
31 Julie van 09:00 tot 13:00

*Die koste verbonde aan die kursus beloop R500 per sessie vir niegilde-lede.

3 VPO punte per dag

Op Vrydag 30 Julie hanteer dr. Louise die rou smart wat kinders ervaar. In dié tyd van rou is dit belangrik om kinders se behoeftes te verstaan en te weet hoe om hulle vrae te beantwoord. Watter rol moet jy as maatskaplike werker speel? Hoe kan jy jou ervaring prakties toepas?

Op Saterdag 31 Julie word die neurobiologie van internaliserings bespreek. Die bespreking sluit in die ontwikkeling van ʼn begrip van die konsep van internalisering, terwyl kerngeloof en interne werkmodelle ook aandag sal kry. Die impak wat internaliserings op kinders het, asook hoe dit in terapie behandel word, sal ook aandag kry.

VPO-Opleiding Vir Maatskaplike Werkers – 30 Julie
R 500

Dr. Louise Aucamp hanteer die rou smart wat kinders ervaar. In dié tyd van rou is dit belangrik om kinders se behoeftes te verstaan en te weet hoe om hulle vrae te beantwoord. Watter rol moet jy as maatskaplike werker speel? Hoe kan jy jou ervaring prakties toepas?
3 VPO punte

Plaas in mandjie
VPO-Opleiding Vir Maatskaplike Werkers – 31 Julie
R 500

Die neurobiologie van internaliserings word bespreek. Die bespreking sluit in die ontwikkeling van ʼn begrip van die konsep van internalisering, terwyl kerngeloof en interne werkmodelle ook aandag sal kry. Die impak wat internaliserings op kinders het, asook hoe dit in terapie behandel word, sal ook aandag kry.
3 VPO punte

Plaas in mandjie